Winamp Logo
RSG Dokumentêr Cover
RSG Dokumentêr Profile

RSG Dokumentêr

Afrikaans, Documentary, 1 season, 298 episodes, 5 days, 15 hours, 26 minutes
About
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Episode Artwork

AS 'N MAN KNAK deur Elsje van Jaarsveld

Elsje van Jaarsveld ondersoek die verskynsel van uitbranding, wat al hoe meer voorkom. Profesionele persone, van sielkundiges tot mode-ontwerpers, deel hulle ervarings, wat wys dat hierdie probleem nie beperk is tot 'n spesifieke beroepsgroep nie, maar eerder 'n universele uitdaging is op verskeie lewensterreine. Daar is ook insigte van akademici en kundiges, wat 'n wetenskaplike perspektief bied.
2/1/202426 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

VYF VLUGVOETIGE VOETBÔLLERS deur Heindrich Wyngaard

Die fokus van hierdie dokumentêr is rugbyspelers wat oor die X-faktor beskik is. Wat onderskei spelers met vlugvoetigheid of flair, en wie was hulle voorgangers?
1/25/202423 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Marine Misdaad duer Martelize Brink

Navorsing deur die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie beraam dat Suider- en Oos-Afrika jaarliks in die omgewing van R12,2 miljard aan onwettige en ongerapporteerde visvang verloor. Hulle skat verder dat 85% van visvoorrade wêreldwyd nou ten volle ontgin word, en onwettige visvang is een van die hoofbydraers.  Wie neem die voortou om die oplossing te vind? 
1/18/202425 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

KONTANT OP DIE KANT deur Renaldo Schwarp

Vanaand val die soeklig op Side Hustles (oftewel kantjoppies). In ‘Kontant op die kantlyn’ ‘n dokumenter deur Renaldo Schwarp, bekyk media persoonlikheid en RSG omroeper hierdie besigheidsvorm van nader. ‘Side Hustles’ is soveel meer as net ekstra inkomste verdien, dit is ‘n manier hoe alledaagse Suid-Afrikaners hul eie verhale herskryf.
1/11/202428 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

250 JAAR IN DIE SANDPUT deur Marize de Klerk

Kuier saam met gesoute joernalis, Marize de Klerk, op die jukskeibaan en vind uit hoe jukskei oor die afgelope bykans 3 eeue van uitspanspeletjie tot internasionaal erkende sportkode ontwikkel het en beoefen en geniet word.
1/4/202427 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 3 deur Flip Loots

Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
9/28/202350 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 2 deur Flip Loots

Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
9/21/202347 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

WAT KLAP DASOE OPPI KAAPSE VLAKTE – DEEL 1 deur Flip Loots

Bendegeweld, dwelmmisbruik, intimidasie, moord en disfunksionele gesinne op die Kaapse Vlakte kom onder die vergrootglas. Inwoners van die Vlakte vertel van die gespanne en hartseer omstandighede waaronder mense daar leef. Is daar hoop?
9/14/202350 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

DIVA, IN DIE WARE SIN VAN DIE WOORD deur Ina Strydom

Die sopraan, Emma Renzi, was die eerste Suid-Afrikaner wat in die La Scala Operahuis in Milaan gesing het. En om in dié heiligdom van opera suksesvol te wees, vereis baie harde werk en toewyding. Sy het op 8 April vanjaar 97 jaar oud geword.
9/7/202327 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

TIK OP DIE PLATTELAND deur Martelize Brink

Goedkoop, maklik om te vervaardig, hoogsverslawend, destruktief. Tik-, of metamfetamien-afhanklikheid, verwoes Suid-Afrika se klein dorpies. Die persepsie dat dwelms meer misbruik word in Sodom en Gomorra, die groot stede van die wêreld, is ‘n mite.
8/31/202328 minutes, 1 second
Episode Artwork

‘N MOSAÏEK VAN EENDERS EN ANDERS WEES deur Lizelle de Bruin

‘n Filosofiese ondersoek na mense se eenders en anders wees, en hoe dit op verskillende vlakke van die wetenskap, taal, politiek en kuns uitspeel. In 'n wêreld waar ons toenemend met mekaar verbind word, is dit belangrik om die fundamentele vraag van menslike gelykheid en die gedeelde ervarings wat ons saambind, te ondersoek. Dis ‘n simfonie van gedagtes wat sy ontstaan het by ’n kunswerk, en wye draaie geloop het in die lewe van mense wat saam gedink het oor of ons eenders of anders is.
8/24/202326 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

LANK LEWE DIE LANGSPEELPLAAT deur Haidee Muller-Isaacs

Die eerste langspeelalbums is in 1948 in die VSA uitgereik. Daar was twee formate, die 10-duim en 12-duim. Die eerste plaaslike langspeelplate is in 1954 in Suid-Afrika uitgereik. Min mense weet dat Maud Damons, ‘n boorling van Distrik Ses, die eerste Bruin vrouesanger was van wie daar ‘n album gemaak is, genaamd The Magic Of Maud. Jy kan meer uitvind oor die gespreksalbum van dr. Chris Barnard, The Human Heart Transplantation, wat op die mark verskyn het om sy geskiedkundige eerste hartoorplanting te herdenk. Haidee het ook gaan inloer by markte soos The Vinyl Faire, waar ywerige smouse hulle langspeelplate verkoop. Sy daar uitgevind hoekom mense na dese weer langspeelplate soek.
8/17/202326 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

LUCY IS WEG deur Esté de Klerk

Daar is ‘n dikwels ‘n besondere verhouding tussen die mens en troeteldiere, wat soms nie in woorde omskryf kan word nie: ‘n diep liefde, geborgenheid en konneksie wat op sielsvlak plaasvind. Diere het ‘n ingebore intuïsie, is opreg, lojaal en gee liefde sonder voorwaarde. Wanneer ons troeteldiere oud of siek raak, staan ons dikwels magteloos, veral wanneer hulle lewenskwaliteit taan en ons ‘n besluit moet neem oor wanneer dit tyd is om te groet. Dis seer, en die trauma vergelyk dikwels met die verlies aan ‘n naasbestaande. Esté de Klerk skyn die lig op hierdie besondere verhouding van die mens met troeteldiere, hoe seer en traumaties dit is wanneer hulle groet, maar ook watter lewenslesse ons by hulle kan leer.
8/10/202327 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

ESIAS BOSCH: 100 JAAR SE VUURKUNS UIT AFRIKA deur Johan Rademan

Johan Rademan kyk na die baanbrekerswerk en invloed van die pionier-keramiekkunstenaar, Esias Bosch, wat in Witrivier in sy ateljee, Die Randjie, gewoon en gewerk het. Johan gesels met sy drie kinders, Esra, Andre Eva en Anton. Die 97-jarige tydgenoot van Esias Bosch, dr. Pierre Volschenk, is vandag nog net so vurig oor klei. Hedendaagse figure in die kunshistoriese kleibedryf, soos Hennie Meyer, dr. Ronnie Watt en Esther Esmyol gesels saam oor Esias Bosch se ryk nalatenskap.
8/3/202326 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

BEURTKRAG: ‘N DONKER SUID-AFRIKA deur Esté de Klerk

2023 is by verre Suid-Afrika se slegste beurtkragjaar ooit. In die afgelope 16 jaar, vandat beurtkrag die eerste keer in 2007 toegepas is, steier Eskom van die een krisis na die volgende. Dít terwyl die regering ‘n mandaat het om voldoende opwekkingskapasiteit aan die land te voorsien. Maar, waar en wanneer en hoekom het die regering gefaal om uitvoering te gee aan hierdie plig? Wat is die moontlike oplossings?
7/27/202327 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

DIE ROYALSKOU: EINDE VAN ’N ERA deur Derrich Gardner

Derrich Gardner kyk terug na die begindae van die skou, hoe die naam "Royal" deur Engeland se Koning Edward VII in 'n dekreet aan hulle toegeken is, die drie oorloë wat die skou beleef het, Covid, konserte, en die toekoms nadat die gronde in Pietermaritzburg verkoop is.
7/20/202326 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

RANDFIGURE: VERBLIND DEUR BEKENDHEID deur Johan van Lill

Johan van Lill kyk na die mense se fassinasie met omstrede- en randfigure. Kenners bespreek ons neiging om mense te aanbid wat in die openbare oog staan, of dit nou politici, akteurs, musikante of enige ander bekende is. Hoekom het ons 'n drang om na hierdie mense op te kyk en hulle as rolmodelle te sien, selfs al ken ons hulle nie persoonlik nie en weet ons nie altyd alles oor hulle lewe nie.
7/13/202326 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

SOAPVOX - HENRY MYLNE EN VRIENDE deur Sue Pyler-Slabbert

Woon 'n rondetafelgesprek by met akteurs soos Gavin van den Berg, Karin Retief, Hugo Taljaard, Vinette Ebrahim, Christo Davids, Denver Vraagom en Kaz McFadden. Jy het hulle leer ken in Ballade vir 'n Enkeling, Egoli en 7de Laan. Almal is deur die jare gelei deur die talentvolle regisseur, Henry Mylne. Daarbenewens is daar verskeie verhoogproduksies soos Vaselinetjie wat vir jare by feeste op die planke was, Beauty Queen, Huis Toe, Die Baba met die Badwater, Die Vrou uit die See en soveel meer. Ons kry agter-die-skerms vertellings en staaltjies, en daar is 'n meestersklas wat aangebied word. Dis die reünie van die jaar!
7/6/202329 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

WORSIE HET 'N WORS GEWORD deur Sue Pyler-Slabbert

Hy het komedie in Suid-Afrika vervolmaak. Hy het die sitkom aan Suid-Afrikaners in hulle taal bekendgestel. Willie Esterhuizen is 'n genie in komiese tydsberekening. Karakters soos Molly, Boeboe, Frikkadel, Poena, Spanner, Ouboet, Antie Poppie en vele meer het lewe gekry deur sy skryfwerk. Willie en sy broer, Pieter, maak 'n gedugte span waar Willie optree as akteur en skrywer en Pieter sorg vir die regie. 'n Paar akteurs deel hulle herinneringe. Willie deel sy storie, en sy broer Pieter praat met lof van sy broer se sukses. Met 'n koppie koffie en sjokolade koek gesels Willie Esterhuizen en Sue Pyler-Slabbert oor hoe Worsie 'n Wors geword het in die vermaaklikheidsbedryf.
3/30/202326 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 2 deur Esté de Klerk

Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die tweede deel kyk sy onder meer na etiese, morele en godsdienstienstige besware teen genadadedood, hoe dit internasionaal toegepas word, en groepe wat meen dat die wettiging daarvan in Suid-Afrika moontlik tot die misbruik van genadedood kan lei. Esté voer ook ‘n onderhoud met ‘n Kanadese burger, Amir Farsoud, wat op grond van mediese redes aansoek gedoen het om genadedood, maar erken het dat hy nie weens mediese redes nie, maar sy sosio-ekonomiese omstandighede wou sterf.
3/30/202327 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

GENADEDOOD: OM TE STERF MET GENADE - DEEL 1 deur Esté de Klerk

Genadedood is ‘n emosionele en omstrede onderwerp wat internasionaal én in Suid-Afrika gedebatteer word. Hoewel dit reeds in talle lande gewettig is, is dit steeds in Suid-Afrika teen die wet. Esté de Klerk ondersoek die argumente wat teen mekaar opgeweeg word in die debat vir en teen die wettiging daarvan. In die eerste deel kyk sy onder meer na wat die Grondwet en regstelsel onderskryf, en watter sake reeds deur die howe aangehoor is. Sy vertel ook die verhaal van Johann Beukes wat in 2015 sy lewe met behulp van genadeselfdood by ‘n kliniek in Switserland beeïndig het. In ‘n onderhoud wat twee weke voor Johann se dood met hom gevoer is, vertel hy van sy worstelstryd om dié besluit te kon neem.
3/23/202327 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

KANSELLASIEKULTUUR: DIE PUNTJIE VAN DIE YSBERG deur Johan Rademan

Vier proffesore - Willie Burger van Tuks, Pieter Duvenhage van Akademia, Joan Hambidge van Ikeys en Johann Rossouw van Kovsies - sit om die tafel saam met driemalige Akademiepryswenner Johan Rademan om te kyk na twee kante van die munt oor die moderne verskynsel van skrapping, uitwissing en kansellering van mense in die samelewing. Hulle besin oor die jongste vorm van sensuur, ‘n uitvloeisel van menswees, wat reeds oor eeue aankom.
3/16/202327 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

WAAR NOOT EN WOORD BYMEKAARKOM deur Ina Strydom

‘n Profieldokumentêr oor Tobie Cronjé wat vanjaar 75 word. Dié geliefde akteur en regisseur se werk is welbekend, sy besondere komiese vermoëns, sy gewildste karakters en sy werk in die teater, op televisie en in rolprente. Die dokumentêr fokus op die mens ágter die akteur: sy liefde vir musiek; sy belangstelling in Zen Boeddhisme; sy siening oor tegnologie en teater, kreatiwiteit en uitdagings.
3/9/202326 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

TEGNOLOGIE EN DIE IMPAK OP DIE MENS deur Jody Hendricks

Wat moet die balans tussen mens en tegnolgie wees? Navorsing wys dat indien dit nie reg bestuur word nie, kan kunsmatige intelligensie mense se werk oorneem. Jody Hendricks praat met verskeie kenners oor die gevare en geleenthede wat tegnologie vir ons inhou. 
3/2/202325 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

PLOOIE VAN DIE HART deur Johann Pieterse en Veronique van Heyningen

Jonna Heynken, 'n siggestremde vrou van Finland vertel hoe haar lewe verander is deur 'n prins, nie gekleed in goud en silwer nie, maar in roet en vuur. Dis 'n storie wat jou hartsnare sal roer en jou weer sal herinner dat selfs die lelike ook goedheid kan bevat. Kyk deur die oë van 'n blinde persoon, wat ongeag van haar gestremdheid, 'n kanniedood lewensfilosofie het.
2/23/202325 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

DISKOERS: VAN SOKRATES TOT SOSIALE MEDIA deur Johan van Lill

Johan van Lill praat met kenners oor hoe goed ons onderleg is in die formulering van argumente en standpunte. Weet ons hoegenaamd hoe om te redeneer oor ’n saak? Om lekker oor ’n saak te kan redeneer, is deel van ons daaglikse diskoers – dit was nog van altyd af daar, maar sosiale media het vir almal van ons ’n platform gegee om ons stemme te laat hoor. En elkeen wat sosiale media gebruik, voel hulle het die reg om hulle mening oor enige aangeleentheid uit te spreek.
2/16/202326 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

GROOTWORD SONDER 'N PA deur Jody Hendricks

Statistieke SA het in 2019 statistiek uitgereik wat wys dat meer as 60% van kinders wat in daardie jaar gebore is, geen besonderhede van die pa bevat het nie. TV-aanbieder Ivor Swartz, wat sonder ‘n pa grootgeword het, beskryf dit as ‘n tikkende tydbom. Jody Hendricks het met verskeie kenners en mense wat sonder ‘n pa grootgeword het, gepraat.
2/2/202323 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

HARTBEESPOORTDAM, ’N EEU VAN VERWONDERING deur Elsje van Jaarsveld

Die Hartbeespoortdam vier vanjaar haar 100e bestaansjaar. Dis ’n merkwaardige mylpaal as mens in ag neem hoeveel terugslae die dam moes trotseer. Die ontwikkeling van die dam is in die vroeë 1900’s lamgelê deur politiek, vloede, oorloë, die Spaanse griep en ingenieursuitdagings. Vandag lok die dam duisende toeriste na die dorp, Hartbeespoort. Ongelukkig staar die dam ’n nuwe bedreiging in die gesig. Waterhiasint wat soms tot 40% van die wateroppervlak beslaan, moet deurgans bestry word. Die Rhodes Universiteit het egter ’n baie suksesvolle navorsingstudie onderneem om saam met die gemeenskap van Hartbeespoort dié dorp se trots te bewaar.
1/26/202325 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

ALZHEIMERS, ‘N LEWE SONDER ONTHOU deur Johan van Lill

Johan van Lill ondersoek die impak wat Alzheimers en demensie het op die mense om ons. Hoe raak dit die geliefdes wat die pad saam met iemand stap wat aan hierdie siekte ly? Alzheimer is die bekendste vorm van demensie – ‘n neurologiese siekte met ‘n verlies aan algemene kognitiewe vermoëns in 'n voorheen helderdenkende persoon.
1/19/202327 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

OP DIE AGTERPOOT deur Lizelle de Bruin

In die hartjie van die Boland op die perdeplaas, Mistico, is die enigste stoet Lippizaners in Afrika. Hierdie perde het ‘n baie ryk geskiedenis, en hulle is spesiaal geteel vir hulle ongewone krag. Hulle is reeds 75 jaar lank in Suid-Afrika. Die stoet word gebruik om jaarliks twaalf ruiters op te lei as deel van ‘n internskap. Meeste van die ruiters kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Die Lipizzaner is 'n antieke ras wat uit die Romeinse tyd dateer, onder keiser Julius Caesar. In die 14de eeu het aartsbiskop Maximilian die behoefte gesien om 'n oorlogsperd van ongewone sterkte, lojaliteit en moed te teel. Hy het perde van Spaanse, Italiaanse en Oosterse oorsprong gekies om sy teelprogram op te stel. Hieruit het die Lipizzaner-perd ontstaan, wat sy naam kry van die dorpie Lipizza in hedendaagse Slowenië waar die ras gebore is. Lippizaners kan slegs gesien word in die Boland in Afrika by een van drie stalle, waarvan die ander twee in Noord-Amerika en Italië is. Die perde is bekend vir hulle terapeutiese waarde vir kinders met leerprobleme en gestremdhede.
1/5/202324 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Kersfees 1914 deur Esté de Klerk

Op 24 Desember 1914, vyf maande nadat die Eerste Wêreldoorlog uitbreek tussen die Sentrale en Geallieerde magte, daal ‘n heilige stilte oor die slagveld op die Westelike front in Europa, neer. Dit sou later bekendstaan as die 1914 Kersfees Wapenstilstand: ‘n vredesooreenkoms tussen vyande wat nog nooit weer in die geskiedenis herhaal is nie. Uit hierdie gebeurtenis, put die musikant en skrywer, Coenie de Villiers inspirasie waarmee hy met ‘n nuwe lied, Kersfees 1914, hoop wil bring aan minderbevoorregtes. Esté de Klerk het gaan inloer toe De Villiers en ander musikante die lied opgeneem het.
12/11/202225 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

85 JAAR VAN MUSIEK deur Haidee Muller-Isaacs

Haidee Muller-Isaacs fokus op die plaaslike musiekbedryf sedert 1937 met die stigting van ‘n volwaardige radiodiens in Afrikaans. Hoor meer van langspeelplate, kassette en CD’s, verskeie kunstenaars en hulle treffers, die Musiek en Liriek-beweging en die Voëlvry-beweging wat daarna sou volg. Haidee fokus ook op die befondsingsmodel vir musiek, en hoe stroomdienste werk.
9/29/202226 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 2 deur Johan van Lill

Johan van Lill kyk verder na die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Hy fokus op die fyn kuns wat dit verg om mense se stories te vertel – nie net bekende mense s’n nie, maar ook mense wat uitdagings in die lewe moes oorkom.
9/22/202227 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

VAN HOORBEELD TOT POTGOOI - DEEL 1 deur Johan van Lill

Johan van Lill vertel meer oor die kuns van die maak van ‘n radiodokumentêr. Oor die jare het RSG bekend geword vir die gehalte van sy tweejaarlikse dokumentêre seisoene. Johan het in die argiewe gaan kyk, en fokus op tegnieke wat dokkiemakers gebruik om jou vasgenael voor die radio te hou.
9/15/202226 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

LOKSTEM VAN 'N DIONUSUS deur Ina Strydom

Die akteur Louis van Niekerk is reeds meer as vyf dekades lank aan die werk in die Suid-Afrikaanse teaterbedryf.  Hy vertel van sy gunstelingrolle, mense wat ‘n groot invloed op sy loopban gehad het, en sy hoop vir die toekoms van die teater.
9/8/202226 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

DIE HANTAM NASIONALE BOTANIESE TUIN deur Johan Rademan

Daar is elf nasionale botaniese tuine in Suid-Afrika wat deur SANBI bestuur word. Die Hantam Nasionale Botaniese Tuin is die grootste nasionale botaniese tuin in Suid-Afrika. Johan Rademan gesels daar met kenners oor die geofiete, fauna en flora op die Bokkeveldplato.
9/1/202224 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

KILOMETERS VAN GESKIEDENIS deur Lizelle de Bruin

Oor dekades heen het die NG Kerk se kantoortannies dinge opgeteken en geliasseer, en iewers op ‘n punt na die Kerkarfgief in Stellenbosch gestuur. Lizelle de Bruin het by die argief gaan kyk wat alles daar bewaar word, en watter segmente van die samelewing daardie argiefmateriaal kan gebruik.
8/25/202225 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

AAN DIE KLOK deur Martelize Brink

Suid-Afrikaners stap verby hierdie strukture sonder kennis van die ware geskiedenis en rol wat dit in die destydse Kaap Kolonie en slawe se lewe gespeel het. Martelize Brink verken die slaweklokgeskiedenis van Suid-Afrika. Die verkenning van dié belangrike geskiedenis van Suid-Afrika word verweef met die verskeie spookstories en mitologie wat oor die jare van generasie tot generasie oorvertel is.
8/18/202225 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

JAMBO, JAMBO KENIA deur Terrance April

Kenia, aan die ooskus van Afrika, het ‘n ryk geskiedenis. Oorblyfsels van vroeëre beskawings in die land se suidoostelike deel, kan vandag nog duidelik gesien word. Die land spog ook met pragtige natuurskoon. Benewens die bekende wildreservate is daar pragtige spierwit strande langs die ooskus. Kyk na dié land deur die oë van ‘n paar Suid-Afrikaners wat daar woon en werk, asook van die gidse by  historiese plekke soos die Jesusfort in Mombasa en die Mnarani-ruïnes. Jambo beteken hallo, en die gebruik is dat die woord herhaal word om die hartlikheid van die groet te beklemtoon.
8/11/202224 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

KLIPPLAAT: SPOORWEGDORP TOT SPOOKDORP deur Jacques Arendt

Klipplaat is sowat 185 km van Gqeberha, 35 km van Jansenville en 75 km van Aberdeen af geleë. Die dorp het sy naam gekry as gevolg van die groot rotsklipplate in die omgewing. Met die koms van die spoorweg in 1879 het Klipplaat begin lewe. Die stasie het tot 1992 ‘n belangrike rol in die plaaslike ekonomie en boerderygemeenskap gespeel, en was ‘n aansluiting vir treine vanaf Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth. Die konining van Engeland het Klipplaat in 1947 op ‘n wit trein besoek. Hoe gaan dit deesdae op Klipplaat? Jacques Arendt het vir ‘n paar dae daar gaan kuier om uit te vind.
8/4/202226 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

DISTRIK 6 NOU: KANALA OF TRAMAKASSIE? Deur Johan van Lill

Johan van Lill het ‘n paar jaar gelede ‘n dokumentêre reeks gemaak oor Distrik 6, soos vertel deur die herrinneringe van die oudinwoners. Intussen het van die inwoners teruggekeer na hulle geliefde grond. Hoe ervaar die mense wat teruggetrek het na die nuwe Distrik 6 dit om daar te bly? Wat is tans aan die gebeur in die gebied?
7/28/202227 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

AS JY LOOP HET JY HOOP deur Lizelle de Bruin

Die Pelgrimstog van Hoop is 'n pelgrimsroete wat die oudste kerke van Suid-Afrika besoek. Die roete kan gevolg word van Stellenbosch of Robertson af en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap. Die roete neem jou deur van die mooiste dele in die land – onder meer Greyton, Genadendal, die Hemel-en-Aardevallei, Walkerbaai en Baardskeerdersbos. Die roete volg ook die geskiedenis van die land, en loop deur ou sendingstasies soos Genadendal en Elim met hulle uitsonderlike verhale en argitektuur.
7/21/202224 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

DIENSPLIG deur Jody Hendricks

Vir drie dekades, vanaf 1966 tot die laat tagtigs, was militêre diensplig vir die meeste jong wit seuns in Suid-Afrika onafwendbaar. Hulle staan bekend as die dienspliggenerasie. Nou, dekades later, in die nuwe Suid-Afrika kyk baie van hulle met trots terug op hulle dienspligtydperk, vir sommige was dit ‘n jaar en vir ander twee jaar. Maar daar is ook van hulle wat dit nie wou doen nie, dit was ‘n nagmerrie en ‘n tyd waaroor hulle liewer nie wil praat nie. Jody Hendricks praat met drie mans oor hulle ervaring van diensplig in die Weermag - die goed en die sleg daarvan. Hy kyk ook na die gevolge, letsels en worsteling wat diensplig op sommige lede gelaat het.
7/14/202226 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

SUID AFRIKA, ‘N OUDIOTÊR VAN 1949 TOT 2021 deur Ettienne Ludick

Suid Afrika het ’n ryk geskiedenis sedert 1949 - goed en sleg. Ettienne Ludick het die afgelope 12 jaar of wat ’n klankargief opgebou wat van hierdie oomblikke uitlig. Daar is klank van dr. Verwoerd se moord met beskrywende ooggetuie-opnames, die Soweto-opstande, die oorgang na demokrasie, en sporthoogtepunte soos die wêreldbekeroorwinnings en die Hansie Cronjé-sage.
7/7/202225 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

AGTER DIE MASKER - DEEL 2 deur Esté de Klerk

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegsters en pasiënte, en die diep wonde in die psige wat moontlike jare sal neem om te genees. Hoor die stemme van dokters en pasiënte oor die emosionele impak van die pandemie op hulle lewe en loopbane.
3/31/202229 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

AGTER DIE MASKER - DEEL 1 deur Esté de Klerk

Die pandemie het ons lewe onherroeplik verander. Nog nooit voorheen is die mensdom op byna elke vasteland op aarde saamgesnoer deur een gebeurtenis nie. Baie is gesê oor die simptome van die Coronavirus, nuwe variante wat uitbreek het, lande se positiwiteitskoerse, nuwe daaglikse gevalle en sterftesyfers. Min is egter gesê oor die emosionele impak wat die pandemie gehad het op dokters, verpleegsters en pasiënte, en die diep wonde in die psige wat moontlike jare sal neem om te genees. Hoor die stemme van dokters en pasiënte oor die emosionele impak van die pandemie op hulle lewe en loopbane.
3/24/202229 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

DIE BLOMMEVERKOPERS VAN ADDERLEYSTRAAT deur Haidee Muller

Hulle is, nes Tafelberg, Kaapstad se trots, ‘n lewende geskiedenis. En daar by Trafalgar-plein, die historiese deurloop tussen Adderley- en Parlementstraat, sal jy die Moederstad se legendariese blommeverkopers in al hulle glorie, kleur en geur aantref. Hulle is ‘n bloedlyn van blommemense, en Adderleystraat se blommemark is ook na dese ‘n gewilde toerismebaken – hier word immers al langer as 'n eeu lank met blomme handel gedryf. Dit, nadat die Anglikaanse aartsdeken en weldoener, Thomas Lightfoot, verseker het dat die omgewing waar die blommeverkopers handel dryf, vir hulle uitsluitlike gebruik in ‘n trust bewaar word. Die pandemie het egter sy tol geëis. Haidee Muller-Isaacs het gaan uitvind hoe sake deesdae op Trafalgar-plein staan.
3/17/202226 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

DIE DUURSTE SPESERY OP AARDE deur Jacqui January

Saffraan, die duurste spesery op aarde, verkoop teen R200,000 per kilogram. Dié gesogte en besondere spesery bring ‘n uiters welkome ekonomiese inspuiting in die dorre Noord-Kaap. Dit verg egter fyn beplanning, en sowat ‘n 150,000 blomme is nodig om ‘n kilogram saffraan te produseer.
3/10/202221 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard

Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.
3/3/202226 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

IN NOMINE PATRE deur Fritz Klaaste

Daar is ‘n drastiese afname in die aantal nonne in sekere dele van die wêreld. In Suider Afrika is it egter baie stabiel. Die rol van nonne in ons lewe word nie goed gepubliseer nie, en misinformasie dra by tot ‘n wanpersepsie oor dié besondere roeping. Fritz Klaaste het die wêreld en leefstyl van die non gaan bekyk.
2/24/202227 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

50 JAAR VAN KUNSTE IN DIE KAAP deur Martelize Brink

Dis ‘n baken van kuns en een van die eerste geboue wat jou verwelkom soos jy die Moederstad vanaf die N1-snelweg groet. Dit was die afgelope twee jaar vir lang tye stil en leeg, tog is daar baie werk gedoen om die kunste lewendig te hou. Kunstekaap, vroeër bekend as die Nico Malan-teater, het in 2021 sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize gesels met die teaterkompleks se bestuurshoof dr. Malene le Roux en verskeie ander rolspelers wat oor die jare betrokke was by die kunste in Kaapstad.
2/17/202225 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

TRANSGENDER – OM MYSELF TE WEES deur Johan van Lill

Johan van Lill vertel die verhale van Simone Heradien en Robert Hamblin, wat ná ‘n lang oorgangsperiode, albei as die teenoorgestelde geslag leef as wat hulle gebore is. Om transgender te wees, het eintlik bitter min te doen met jou geslag. Die rol wat gender speel, het ‘n reuse impak op die mate waarin jy jouself kan uitleef in die rol wat jy speel, ongeag jou geslag.
2/10/202227 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

DIE SAGTE REUS VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WYNBEDRYF deur Martelize Brink

Duimpie Bayly - voorste wynwetenskaplike, Kaapse wynmeester, wynmaker en administrateur - is in 2021 in die ouderdom van 81 oorlede. Hy was reeds teen 1962 by Stellenbosch Boere Wynmakery werksaam. Duimpie was hoogsgeleerd met ‘n BSc van die Universiteit Stellenbosch, ‘n MSc van die Universiteit van Kalifornië en ‘n PMD van Harvard. Hy was een van die groot geeste wat ‘n daadwerklike bydrae tot die plaaslike wynbedryf gemaak het. Martelize Brink het twee maande voor sy dood, aan huis met hom oor sy lewe en loopbaan gesels.
2/3/202226 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

DIE DIEP DONKER WEB deur Jody Hendricks

Almal weet wat die wêreldwyeweb (www) is, maar baie min mense weet van die ander dele van die internet, soos die diepweb en die gevaarlike donkerweb. Jody Hendricks stel ondersoek in na die verskeie dele van die internet, en hoe dit jou privaatheid en veiligheid kan bedreig.
1/27/202227 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

BROERS - VAN GISTER TOT VANDAG deur Johan Rademan

Na Theuns Jordaan se dood het ‘n mens tot die besef gekom watter hegte eenheid Suid-Afrikaanse kunstenaars vorm. Elkeen het ‘n storie. Johan Rademan kyk na die invloed van die ouerhuis en ‘n loopbaan oor drie dekades van drie broers - die Snyman-broers. Christo, Cobus en Stephan (Nick Stephens) het twee B. Mus-grade tussen hulle, en twee van hulle het in die Kanaries gesing. En wat het Zane Adams en die Bala-broers met die drie broers te doen?
1/20/202225 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

CM VAN DEN HEEVER, ‘N MAN VAN SY TYD deur Ina Strydom

Die skrywer van verhale soos SOMER en LAAT VRUGTE, en gedigte soos AMANDELBOOM O LENTEBRUID, CM van den Heever, is vanjaar 120 jaar gelede gebore. Hy word gesien as ‘n oorgangsfiguur na die invloedryke Dertigers, en is een van die belangrikste skrywers van die eerste helfte van die 20ste eeu. Hy is twee keer met die Hertzogprys bekroon: in 1928 vir poësie vir die bundel DIE NUWE BOORD; en in 1942 vir prosa vir die roman LAAT VRUGTE. Hy was die stigter van die Afrikaanse Skrywerskring, en eerste redakteur van die Tydskrif vir Letterkunde.
1/13/202228 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

NAMAKWALAND - ‘N FONTEIN VAN STORIES deur Johan van Lill

Johan van Lill vat die pad Namakwaland toe om by ‘n paar storievertellers te gaan kuier. Die stories wat Namakwalanders vertel is nie grappe nie, dis stories oor dinge wat gebeur het en mense wat bestaan het of nog bestaan. Namakwalandse mense verstaan mekaar en ken mekaar uit aan die name wat hulle vir mekaar gee. Name met stories daaragter. Vir Namakwalanders is stories deel van gesels en kuier. Hulle het hulle eie manier om goed te vertel. Die stories is ryk aan uitdrukkings, wat net so beskrywend is van die mense as die stories. Die stories is meesal waar, of amper waar. Die verteller vertel dit so dat jy nie vir ‘n oomblik sal twyfel dat dit werklik gebeur het nie. Deelnemers aan die program sluit in Izak Volgraaff, Marana Brand, Jasper Nieuwoudt, Jan “Ponk” van Zyl en Gielie de Kock.
1/6/202227 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

IN DIE BOL GETIK deur Jacqui January

Die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms verwoes die lewens van die afhanklikes, hul geliefdes en kring boonop uit na die res van die gemeenskap. Eersterust in Pretoria is geen uitsondering nie, maar die gemeenskap rol hul moue op, staan saam en soms ook nie. Híer is oorlog teenoor dwelms verklaar! Die dokumentêr, In die Bol geTik deur Jacqui January, handel oor die mense van Eersterust en die dwelmkwessie wat hulle gemeenskap teister.
7/13/201727 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

KWANTUM deur Herman Steyn

Die aankondiging vroeër vanjaar dat die ontwykende Higgs Boson-deeltjie deur wetenskaplikes by die Groot Hadron versneller by CERN in Switserland waargeneem is, het die fokus weer op kwantumfisika of kwantummeganika geplaas. Wat is kwantummeganika en hoekom is dit belangrik dat ons van al hierdie vreemde subatomiese deeltjies moet weet waaruit die heelal bestaan?
9/27/201227 minutes, 38 seconds