Winamp Logo
Regsake Cover
Regsake Profile

Regsake

Afrikaans, Political, 1 season, 513 episodes, 1 day, 20 hours, 54 minutes
About
Wie is verantwoordelik vir die koste van opruiming na besoedeling; kan landbougrond vir langer as 10 jaar verhuur word; hoekom is 'n saamwoonooreenkoms so belangrik en wanneer kom die internasionale privaatreg ter sprake?
Episode Artwork

Regsake 26 Februarie 2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n buurman wat gifstowwe aan sy kant van die muur spuit, maar die buurman se plante in die proses ook vergiftig. Spesialisgas Volker Kruger verduidelik watter opsies erfgename het om ‘n herverdelingsoorenkoms te sluit.
2/26/202423 minutes, 8 seconds
Episode Artwork

Regsake 19 Februarie 2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor lewensreg in ‘n aftree-oord, wat beëindig wil word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik wat gebeur wanneer iemand sterf sonder ‘n testament.
2/19/202424 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Regsake 12 Februarie 2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n derdeparty-eis. Hy praat ook oor ‘n eienaar van ‘n deeltiteleenheid wat wil weet wat sy regte is m.b.t. ander inwoners wat kla dat sy honde aanhoudend blaf. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.
2/12/202421 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Regsake 5 Februarie 2024

Igna Klynsmith bespreek nuwe regulasies vir die indiensneming van buitelanders. Hy praat ook oor die Wet op Handelsmerke. Wat staan jou te doen indien jou nuwe, tweedehandse voertuig breek kort nadat jy dit gekoop het. Familregkenner Riëtte Oosthuisen bespreek bestrede egskeidings, meer spesifiek die dagvaarding.
2/5/202424 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Regsake 29 Januarie 2024

Igna Klynsmith praat oor die huweliksreg. Hy bespreek ook twee vrae wat handel oor immigrasie en toestemming wat deur een ouer geweier word om kinders saam oorsee te neem. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n werksaanbod wat ontvang is, maar toe teruggetrek is, en wat haar nou te doen staan.
1/29/202420 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Regsake 22 Januarie 2024

Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek hy onder meer die betroubaarheid van blaasapparaat wat gebruik word vir die meet van die alcohol konsentrasie in ‘n person se bloed. Spesialisgas, Est-Marie McCallahan verduidelik wat die nuwe wysigings op dieskoolwet behels
1/22/202425 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Regsake 15 Januarie 2024

Die week in Regsake saam met Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith, bespreek hy onder meer vrae oor boedels en 3de party-versekering. Spesialisgas Volker Kruger praat oor geskille wat verband hou met mede-eienaarskap van eiendom – En, Est-Marie McCallahan praat oor ‘n bekende winkelgroep wat voortaan nie meer kontant as betaling gaan aanvaar nie.
1/15/202423 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Regsake 8 Januarie 2024

Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n beeseerde persoon wat skade vergoeding eis van die eienaar van ‘n huisdier. Dan praat hy ook oor testamente en die belangrikheid daarvan om dit op datum te hou. Spesialisgas, Riëtte Oosthuizen praat oor onbestrede egskeidings.
1/8/202422 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Regsake 1 Januarie 2024

Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname. Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.
1/1/202419 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Regsake 18 Desember 2023

In Regsake bespreek Igna Klynsmith ‘n hofsaak wat hy betempel as die belangrikste hofsaak in die geskiedenis van die mensdom. Dit is die saak van die hoë prietser Kayafas en Jesus van Nasareth…Hy praat ook oor padveiligfheid in SA. Spesialisgas Est-Marie Mccallan sluit dié week die gesprek oor ouerskapverlof af.
12/18/202325 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Regsake 11 Desember 2023

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie. Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finansiële eise nie.
12/11/202323 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Regsake 4 Desember 2023

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n luisteraarsbrief wat handel oor eksekuteuersfooie, en ‘n onlangse saak wat handel oor arbeidswetgeweing wat diskrimineer teen ouers wat betref ouerskapverlof. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor vruggebruik – is dit seën of is dit ‘n straf?
12/4/202325 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Regsake 27 November 2023

Igna Klynsmith bespreek hy ‘n saak wat handel oor ‘n kind wat ‘n rugbybesering opgedoen het, wat vererger is deur die nalatigheid van die noodhulppersoneel. Hy bespreek ook die vereistes vir nalatigheid. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n groep boere wat ‘n grondeienaarsvereniging op die been wil bring. Hy verduidelik hoe so iets sal werk vanuit ‘n regsoogpunt, en of dit ‘n goeie idee sou wees om dit te doen.
11/27/202323 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Regsake 20 November 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor misleidende fynskrif op ‘n jogurthouer. Hy praat ook oor voedselvergiftiging, en of mens ‘n eis teen ‘n verskaffer in dié verband kan instel. Spesialis gas dr. Llewelyn Curlewis sluit sy gesprek oor dwelmmisbruik af.
11/20/202324 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Regsake 13 November 2023

Igna Klynsmith bespreek diplomatieke immuniteit, en die misbruik daarvan. Hy praat ook oor ‘n interessante saak in die VSA waar Google Maps ‘n man in ‘n rivier in genavigeer het. Igna bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n huurkontrak tussen ‘n slaghuis en 'n verhuurder, wat nie nagekom kan word nie. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat verder oor dwelmmisbruik.
11/13/202324 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Regsake 6 November 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor ‘n familielid wat geld geleen het, en dit nie betaal nie. Hy bespreek ook ‘n brief van ‘n regstudent wat verband hou met wat prokureurs, advokate en regters verdien. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis bespreek een van die wêreld se grootste probleme, dwelmisbruik.
11/6/202324 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Regsake 30 Oktober 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon se regsposisie m.b.t. tot die bure se plasing van hulle kragopwekkers. Hy praat ook oor geslagsgeweld waar ‘n man die slagoffer is. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse uitspraak in die hooggeregshof oor internasionale kinderontvoering.
10/30/202324 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Regsake 23 Oktober 2023

Igna Klynsmith bepspreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n eis teen die padongelukkefonds. Hy praat ook oor twee interessante sake oor die eindomsreg van ‘n perd. Spesialisgas Peto Milton praat oor rusie tussen aandeelhouers met gelyke aandeelhouding, en of dit die einde van ‘n maatskappy kan beteken.
10/23/202323 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Regsake 16 Oktober 2023

Igna Klynsmith bespreek die Neurenberg-verhore. Hy praat ook oor diejJuriestelsel en hoekom dit in Suid-Afrika afgeskaf is. Spesialisgas Elmari Richter praat oor ‘n intereassante verwikkeling in die reg wat op 10 Oktober 2023 deur die konstitutionele hof toegestaan is.
10/16/202326 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Regsake 9 Oktober 2023

Igna Klynsmith bespreek Apartheidswetgewing en hoe dit detyds in die hof toegepas is. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor jurisdiksie, en hoe dit werk indien iemand op ‘n vliegtuig ‘n misdaad sou pleeg. Spesialisgas Volker Krüger praat oor kontrakte en of dit via WhatsApp-boodskappe gesluit kan word.
10/9/202325 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Regsake 2 Oktober 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n vrou wat produkte by ‘n verkoopspersoon gekoop het, wat sy nie kan bekostig of nodig het nie, en dit nou wil teruggee. Hy bespreek ook die wetlike vereistes waaraan iemand wat geld aan mense uitleen, moet voldoen. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor onwettige kragverbindings.
10/2/202323 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Regsake 25 September 2023

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n boer se grensdraad en die buurman wat nie wil help betaal nie, asook ‘n vraag oor mediese nalatigheid. Spesialisgas Johan Botes praat oor werknemers se kommentaar op sosialemediaplasings in ‘n privaat hoedanigheid, en hoe die werkgewer teen die werknemer kan optree.
9/25/202322 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Regsake 18 September 2023

Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor die meester van die hof. Hy bespreek ook die jongste verwikkelinge m.b.t. wetgewing oor genadedood in Suid-Afrika. Boedelspesialis Volker Kruger praat oor familietrusts, en hoekom jy twee keer moet dink voor jy een registreer.
9/18/202326 minutes, 3 seconds
Episode Artwork

Regsake 11 September 2023

Igna Klynsmith moedig luisteraars aan om deel te neem aan testamenteweek. Hy bespreek ook luisteraarsbriewe oor regshulp en hoe oortyd bepaal word. Hy vertel ook hoe bedrieglike siekverlof jou in die moeiliheid kan laat beland. Spesialisgas Susan de Wet bepreek ‘n saak waar iemand in ‘n supermark geval het, en suksesvol was met haar eis teen die winkelgroep.
9/11/202319 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Regsake 4 September 2023

Igna Klynsmith praat oor nasionale testamenteweek, en verduidelik hoe dit werk. Hy bespreek ook klagtes oor die verbruikersombud, asook ‘n luisteraarsbrief wat handel oor die wetlike verpligting van eienaars van voltitelkomplekse. Spesialisgas Martin Bezuidenhout praat oor die padongelukkefonds.
9/4/202323 minutes, 1 second
Episode Artwork

Regsake 28 Augustus 2023

Igna Klynsmith praat oor nasionale testamenteweek van 11 tot 15 September. Hy bespreek twee luisteraarsbriewe oor huwelikskontrakte. Die een luisteraar wil haar huwelikskontrak verander, en Igna verduidelik hoe om te werk te gaan. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat oor hersieningsaansoeke.
8/28/202326 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Regsake 21 Augustus 2023

Igna Klynsmith praat oor die nuwe huwelikswetgewing. Hy bespreek ook navrae oor onderhoud wat betaal moet word, en hoe ‘n tweede huwelik dit bëinvloed. Prokureur Janus Olivier praat oor die praktiese aspekte van huweliksvoorwaardekontrakte.
8/21/202322 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Regsake 14 Augustus 2023

Igna Klynsmith beantwoord ‘n hele paar luisteraarsvrae oor egskeidings wat hy deur die loop van die jaar ontvang het. Hy praat ook oor kinders se reg in die besluitneming oor die ouer by wie hulle kies om by te bly ná ‘n egskeiding. Spesialisgas Elmari Richter praat oor grensmure tussen bure.
8/14/202326 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Regsake 7 Augustus 2023

Igna Kleynsmith het raad vir mense wat besig is om te skei, of moontlik by ‘n egskeiding betrokke kan word. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afgetredenes en werkloosheidsversekeringseise.
8/7/202323 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Regsake 31 Julie 2023

Igna Klysmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor die polisie wat ‘n klopjag by die verkeerde adres uitgevoer het. Hy bespreek ook mediese nalatigheidseise van minderjariges. Spesialisgas Peto Milton praat oor die verskillende sake-entiteite soos ‘n eenmansaak, vennootskap en privaatmaatskappy.
7/31/202324 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

Regsake 24 Julie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor kontant wat vir ‘n klomp skape betaal is, en die ontvanger nie weet wat om met die kontant te maak nie. Hy praat ook oor die intergriteit van die regspraktyk. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor deeltitel- en voltitel-eienaarskap.
7/24/202325 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Regsake 17 Julie 2023

Igna Klynsmith bespreek die befondsing en onderhoud van ‘n voertuig vir inwoners van deeltitelkomplekse of oorde. Hy verduidelik of ‘n lewensmaat ook ‘n ouerlike reg het, veral wanneer kunsmatige bevrugting ter sprake is. Spesialisgas Volker Kruger praat oor of ‘n persoon wat bewus is van ‘n misdryf, verplig is om dit by die polisie aan te meld.
7/17/202324 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

Regsake 10 Julie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor haar oorlede man se boedel. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite. Dié wet, Wet 12 van 2004 is die een wat sommige wil gebruik om die huidige president aan te kla oor die Phala Phala-sage.
7/10/202323 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Regsake 3 Julie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n boedelvraag van ‘n rekenmeester wat verband hou met ‘n kontanttekort in die boedel, en hoe dit verdeel moet word onder begunstigdes. Hy praat ook oor iemand wat in ‘n motorongeluk was, maar nie verseker is nie. Hy raak ook weer aan heffings deur beheerliggame. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor burereg, veral as geraas deur jou bure vir jou ‘n oorlas is!
7/3/202322 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

Regsake 26 Junie 2023

Igna Klynsmith praat oor die gevolge van verbande wat nie stiptelik betaal word nie. Hy bespreek ook transporttransakies wat platval, asook korrupsie op munisipale vlak. Spesialisgaste Susan de Wet en Janus Olivier praat onderskeidelik oor die padongelukkefonds en oor uitklaringsyfers.
6/26/202323 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

Regsake 19 Junie 2023

Igna Klynsmith en Est-Marié McCallahan praat verder oor die regte van paartjies wat saambly. Peto Milton praat oor ondernemingsredding.
6/19/202323 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

Regsake 12 Junie 2023

Igna Klynsmith paartjies wat saambly, en indien hullw stry sou kry, hoekom hulle nie die voorreg het om wetgewing te gebruik wat op die huweliksreg van toespassing is nie. Arbeidsregkenner Johan Botes beantwoord ‘n luisteraarsvraag oor hoekom sy nie ná haar aftrede werkloosheidsversekering kan eis nie.
6/12/202322 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Regsake 5 Junie 2023

Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff praat oor huurooreenkomste. Eiendomsregkenner Völker Kruger bespreek ‘n Australiese hofsaak waar ‘n erfprosie van R136,5 miljoen ter sprake is, en ‘n waarskuwing om nie uit die graf te regeer nie. Hy verduidelik ook wat die hof onlangs beslis het oor ‘n beheerliggaam wat geweier het om ‘n heffingsertifikaat vir ‘n transport te verskaf omdat bouplanne nie in plek was nie.
6/5/202323 minutes, 1 second
Episode Artwork

Regsake 29 Mei 2023

Igna Klynsmith praat oor afknouery by die werksplek, en of iemand afgedank kan word omdat hullr ongewild is. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis verduidelik hoe kruisondervraging werk.
5/29/202323 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Regsake 22 Mei 2023

Igna Klynsmith bespreek Igna ‘n saak wat handel oor ‘n lys diere wat volgens wet mee geboer en geteel mag word. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor aandeelhouers van ‘n maatskappy wat besluit het om die direkteur van die maatskappy te verwyder. Spesialisgas Volker Krüger praat oor 'n dispuut oor ‘n fontein in die Wes-Kaapse Sederberg wat in die hof geëindig het.
5/22/202324 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Regsake 15 Mei 2023

Igna Klynsmith praat oor die verskeie ombudsdienste wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Hy verduielik ook die gevolge van werknemers wat aan afgeleide wangedrag skuldig bevind word. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die sage tussen mediese fondse en die Padongelukkefonds.
5/15/202318 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

Regsake 8 Mei 2023

Igna Klynsmith bespreek waterregte, asook die interdik wat verleen is op aansoek van Afriforum teen die EFF en Julius Malema wat hulle verhoed het om private eiendom te betree en te beset. Est-marié McCallaghan praat oor surrogaatskap.
5/8/202327 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Regsake 1 Mei 2023

Igna Klynsmith bespreek twee luisteraarsbriewe oor lewensversekering. Volker Kruger praat oor die Wet op Onderverdeling van Landbougrond.
5/1/202323 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

Regsake 24 April 2023

Igna Klynsmith gee raad vir mense wat betrokke is by deeltitel-eenhede. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor metodes wat in die reg gebruik kan word om ‘n beskuldigde se bywoning  van ‘n verhoor te verseker.
4/24/202324 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Regsake 17 April 2023

Igna Klynsmith bepreek luisteraarsbriewe wat onder meer handel oor ‘n eiendom wat in ‘n BK geregistreer is met die eienaar as die enigste lid, en wat met die eiendom sou gebeur indien hy tot sterwe kom. Hy bepreek ook salarisaanpassings a.g.v. beurtkrag en die vergoeding van dienste wat nie gelewer is nie. Riëtte Oosthuizen praat oor die regte van ‘n derde persoon t.o.v. ‘n minderjarige kind.
4/17/202324 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Regsake 10 April 2023

Igna Klynsmith verduidelik hoe kwotas toegeken word vir die kag van trofeediere en bedreigde spesies. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor of begunstigdes van boedels ook eksekuteurs kan wees. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor stakings – wie mag staak, waaroor en wanneer?
4/10/202320 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Regsake 3 April 2023

Igna Klynsmith bespreek die nuwe minimumloon,’n saak oor ‘n korrupte verkeersbeampte en die regte van werknemers ten opsigte van gebeurlikhede soos om na ‘n siek kind om te sien. Aktevervaardiger Claudia Noble-Areff gee raad oor hoe jy jou eiendom teen krediteure kan beskerm indien jy jouself in ‘n finansiële verknorsing bevind.
4/3/202324 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Regsake 27 Maart 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n egpaar wat by hulle dogter se huis ‘n woonstel wil aanbou, maar nie wil bou voor die eiendom gedeeltelik op hulle naam geregistreer is nie. Igna praat ook oor dokter en pasiënt vertroulikheid. Volker Krüger praat oor die reg op testeervryheid.
3/27/202325 minutes, 19 seconds
Episode Artwork

Regsake 20 Maart 2023

Igna Klynsmith praat oor ‘n onlangse saak oor die Wet op Intimidasie wat verkeerdelik in ‘n saak gebruik is. Hy bespreek ook ‘n navraag oor siekverlof van ‘n luisteraar wat vier maande in sy nuwe werkplek is en tien dae siekverlof geneem het, en die werkgewer slegs drie en ‘n half wil toestaan. Vandeesweek se spesialisgas bespreek die werksaamhede van die padongelukkefonds.
3/20/202321 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Regsake 13 Maart 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n vrou wat by haar werk positief getoets het vir dagga en toe afgedank is. Hy praat ook oor die private gebruik van dagga, en of jy kan gaan werk indien jy dié dwelm in jou bloed het. Volker Krüger bespreek die gebruik van vrywaringsborde by kerkbasaars. Hy gee ook raad oor watter stappe 'n mens as organiseerders kan doen om die risiko’s van eise vir byvoorbeeld beserings so ver moontlik te beperk.
3/13/202323 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

Regsake 6 Maart 2023

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor boedels, afknouery in die werksplek, en hoe om ‘n kooptransaksie stop te sit. Est-Marie McCallahan praat oor handelsbeperking.
3/6/202324 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Regsake 27 Februarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor wat die wet sê oor lykskending. Hy bespreek ook die nuwe en ou maatskappywette. Arbeidsregkenner Johan Botes verduidelik watter inligting jy oor jouself moet verklaar wanneer jy aansoek doen vir ‘n nuwe pos.
2/27/202325 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Regsake 20 Februarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor wat mens te doen staan indien jou voorhuwelikskontrak nooit geregistreer is nie. Hy praat ook oor ‘n saak wat handel oor ‘n beskuldigde wat self wou besluit in watter hof hy verhoor wou word. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen praat oor ‘n onlangse hofuitspraak oor die toekenning van regskoste in ‘n egskeidingsaak.
2/20/202325 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Regsake 13 Februarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag of daar ‘n beperking op die hoeveelheid jare is wat moet verloop vir ‘n slagoffer van kindermolestering om nog ‘n saak te kan maak. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n persoon wat valslik van rassisme beskuldig is, en praat oor die Wet op die beskerming teen teistering. Strafregkenner Dr. Llewelyn Curlewis praat oor twee aspekte wat altyd in hofsake ter sprake kom.
2/13/202325 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Regsake 6 Februarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor die afhandeling van sy testament. Hy bespreek ook ‘n saak waar SARS ‘n lasbrief bekom het om ‘n belastingbetaler se perseel te deursoek, en hulle toegang geweier is. Claudia Noble-Areff praat oor wat met ‘n familiewoning gebeur wanneer die eienaar sterf.
2/6/202325 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

Regsake 30 Januarie 2023

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor die opstel van koop- en verkoopkontrakte handel, en ontevredenheid oor ‘n boete in ‘n deeltitelontwikkeling omdat daar nie betyds gebou is nie. Igna praat ook oor direkteure se verpligtinge teenoor maatskappye. Est-Marie MCallahan praat oor munisipaliteite se verpligting tenoor inwoners.
1/30/202326 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Regsake 23 Januarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n prokureur wat nie die kliënt se lêer aan haar wil oorhandig ná ‘n uitval nie, en wat haar te doen staan. Hy beantwoord nóg ’n vraag oor die registrasie van ‘n eiendom. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor pakkette en skikkingsooreenkomste wat deur werkgewers aan werknemers aangebied word.
1/23/202324 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Regsake 16 Januarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor die reg van ouers om ‘n fetus, wat nog nie 26 weke swangerskap bereik het nie, te kan begrawe. Die vraag is of artikels 18 en 20 van die Wet op Registrasie van Geboortes en Streftes teenstrydig is met die grondwet. Riëtte Ooshuizen  praat oor internasionale verhuising van een ouer met minderjarige kinders.
1/16/202325 minutes, 1 second
Episode Artwork

Regsake 9 Januarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bejaarde vrou wat kredietkaartskuld het en toe verneem dat sy geen dekking ontvang vir dié skuld op haar ouderdom nie. Strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis praat oor die ontrafeling van Artikel 103 van die huidige Wet op Vuurwapenbeheer.
1/9/202325 minutes, 22 seconds
Episode Artwork

Regsake 2 Januarie 2023

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n paartjie wat in ‘n egskeidinggeding betrokke is. Die man het ‘n versoek by die hof ingedien vir ‘n verbeurverklaringbevel. Hy praat ook oor mense wat bates vir mekaar wegsteek, en die gevolge daarvan. Prokureur en aktevervaardiger Claudia Noble-Areff verduidelik wat die aktebesorgingsproses behels.
1/2/202323 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

Regsake 26 Desember 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n pa wat kla dat sy toegangsregte geminag word deur die ma van die kinders. Hy bespreek nog ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n lewende testament en lewensversekering. Johan Botes praat oor konstruktiewe ontslag.
12/26/202224 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Regsake 19 Desember 2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarvrae oor ‘n kind se reg tot onderhoud van ‘n ouer, al is die kind nie minderjarig nie, en die afdwingbaarheid van heffings op die herverkoop van deeltiteleenhede. Hy praat ook oor ‘n vrou se gebruik van haar vorige van tydens die egskeidingsproses. Est-Marié McCallahan praat oor regstappe wat gedoen kan word indien jy ‘n besering in ‘n gimnasium opdoen.
12/19/202221 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Regsake 12 Desember 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor sterftevoordele ten opsigte van ‘n oorledene se pensioenfonds. Hy beantwoord ook ‘n vraag deur pensionarisse wat gratis bly, maar geen verblyfsekuriteit het nie, en wat hulle te doen staan. Hy beklemtoon ook ie belangrikheid van die bewaring van transportakte. Riëtte Oosthuizen praat onder meer oor hoe dit werk indien ‘n geskeide ouer die kinders oorsee wil neem op vakansie en die ander ouer toestemming weier.
12/12/202222 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Regsake 5 Desember 2022

Igna Klynsmith verduidelik die verskil tussen die Regspraktisynsraad en die Prokureursorde. Hy bespreek ‘n luisteraar se vraag wat sê haar verband is geregistreer in haar oorlede man se naam, maar hy het nie lewensversekering gehad wat aan die verband gekoppel is nie. Hy verduidelik die begrip growwe ondankbaarheid, en praat oor vryheid van uitdrukking na aanleiding van ‘n twiet deur ‘n politikus. Volker Kruger praat oor koop- en verkoop-ooreenkomste.
12/5/202223 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Regsake 28 November 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak waar ‘n mynmaatskappy ná ‘n risikobepaling, besluit het dat die dra van hakskoene ‘n veiligheidsrisiko inhou, en dat dissiplinêre stappe gedoen sal word indien daar nie gehoor gegee word aan dié beleid nie. Daar was ‘n werknemer van die myn wat haar nie aan die beleid gesteur het nie. Igna bespreek ook ‘n saak wat verband hou met bankrotskap in die huwelik, en verduidelik hoe dit hanteer word indien jy binne of buite gemeenskap van goedere getroud is.
11/28/202225 minutes, 1 second
Episode Artwork

Regsake 21 November 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat pas gerapporteer is deur die vakbond, NEHAWU, teen die minister van openbare dienste en administrasie, wat handel oor kollektiewe bedinging. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor beurtkrag en die gebruik van kragopwekkers in deeltitel-eenhede. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat onder meer oor of jou werkgewer dissiplinêre stappe teen jou kan doen indien jy jouself by ‘n jaareindfunksie wangedra.
11/21/202223 minutes, 33 seconds
Episode Artwork

Regsake 14 November 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n bedrag geld wat deur ‘n onbekende persoon in iemand se rekening inbetaal is. Hy praat ook oor ‘n tolk wat in die hof nie ‘n saak korrek uit isiZulu vertaal het nie, en sodoende die uitspraak verkeerdelik beïnvloed het. Igna vra ook die vraag of 10 jaar tronkstraf gepas is vir ‘n verkragter wat sy slagoffer só geweldadig verkrag het, dat sy aan haar beserings beswyk het. Prokureur Johan Botes bespreek ook ‘n paar arbeidsregkwessies.
11/14/202222 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Regsake 7 November 2022

Igna Klynsmith bespreek die nuwe wet op eindomspraktisyns. Hy bespreek ook ‘n luisteraarsvraag oor 'n doktersrekening wat nie deur sy mediese fonds vereffen is nie, en of hy nou daarvoor aanspreeklik gehou sal word of nie. Igna praat ook oor die sorgsaamheidsplig wat taverne-eienaars teenoor hul klante het. Volker Krüger verduidelik hoe die reg om te swyg en die privilegie teen selfinkriminasie werk.
11/7/202225 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

Regsake 31 Oktober 2022

Igna Klynsmith praat oor ‘n persoon wat aan die ontvangkant van ‘n sogemaamde liefdeswendelaar was, wat hulle liefde totaal en al op ‘n onbilikke manier uitgebuit het. Hy praat ook oor ‘n situasie waar die ouers van ‘n kind nooit getroud is nie, maar die pa gediagnoseer is met MS, en die ma steeds onderhoud van hom wil eis. Spesialisgas Riëtte Oosthuizen praat oor die verskillende verbintenisse in die Suid-Afrikaanse reg.
10/31/202223 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

Regsake 24 Oktober 2022

Igna Klynsmith praat oor wetgewing wat verband hou met die afvuur van vuurwerke. Hy bespreek ook ‘n saak oor ‘n selfgerapporteerde probleemdobbelaar, wat ‘n dobbelhuis hof toe gesleep het omdat hy meer as R5,2 miljoen rand verloor het. Claudia Noble-Areff praat oor aktevervaardiging.
10/24/202220 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Regsake 17 Oktober 2022

Igna Klynsmith praat oor vroue as regspraktisyns in Suid-Afrika, en deel statistiek oor hulle prestasies. Hy praat ook oor wetgewing wat verband hou met veiligheidskameras wat by private wonings geïnstaleer word, en jou bure wat hierdie kameras verwyder wil hê. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis praat oor die belangrikheid van getuies in hofsake.
10/17/202225 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

Regsake 10 Oktober 2022

Igna Klynsmith praat oor die regte en verpligtinge van nie-ouers, en verwys spesifiek na artikel 23 van die kinderwet, om aangewys te kan word as wettige voogde. Hy beantwoord ‘n luisteraar se vrae oor eksekteursfooie en of dit in ‘n testament aangedui moet word. Hy bespreek ook die moontlikheid of beleggings uit boedels uitgesluit kan word. Völker Kruger verduidelik of verhuurders wetiglik verplig kan word om ‘n kragopwekker of batterystelsel aan sy huurder beskikbaar te stel tydens beurtkrag.
10/10/202225 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Regsake 3 Oktober 2022

Igna Klynsmith skop die program af met luisteraarsvrae oor boedels en testamente. ‘n Luisteraar sê haar eksman is onlangs oorlede, en sy boedel wil tans geen onderhoud betaal om aan hulle seun se behoeftes te voldoen nie. Sy wil weet of daar nie enige tussentyds maatreëls is wat kan help, tot die boedel gefinaliseer is nie. Igna bespreek ook ‘n vraag oor of testamente iewers geregistreer moet wees, en of die eksekuteurs se name in testamente aangedui behoort te word. Advokaat Phillip Maree praat oor minimumlone.
10/3/202220 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

Regsake 26 September 2022

Igna Klynsmith beantwoord ‘n luisteraarsvraag of dit onwettig is om na volwasse vermaak aanlyn te kyk, en  of die persoon na wie gekyk word ook onwettig optree. Hy bespreek ook ‘n vraag of daar wetgewing is wat van toepassing is op die dra van messe vir selfverdediging. Wat is die gevolge indien ‘n slagoffer ‘n motorkaper sou raakry? Est-Mari McCallaghn van Van Velden Duffy Prokureurs in Rustenburg praat oor Erfenisdag en die  grondwet, en laster met ‘n spesifieke fokus op sosiale mediaplasings.
9/26/202221 minutes, 13 seconds
Episode Artwork

Regsake 19 September 2022

Igna Klynsmith praat oor begrafnispolisbedrog, en gee raad oor hoe om te verhoed dat jy ingeloop word deur polisswendelaars. Hy praat ook oor ‘n gedeelte van die egskeidingswet wat ongrondwetlik verklaar is, en verband hou met artikel 7. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor die stelreël, de minimus non curat lex.
9/19/202226 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Regsake 12 September 2022

Igna Klynsmith praat oor plakkers en die uitsetting van onregmatige huurders en okkupeerders, en of hulle vergoed behoort te word vir verbeteringe wat hulle aan ‘n eiendom aangebring het. Hy verduidelik ook hoe die in duplum-reël toegepas word m.b.t. uiteenlopende rente. Hy kyk ook na bewysregreëls en die maak of breek van ‘n sivielesaak. Volker Kruger vertel van testamenteweek.
9/12/202224 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Regsake 5 September 2022

Igna Klynsmith praat oor artikel 61 van die Wet op Verbruikersbeskerming. Hy bespreek ook ‘n onlangse saak teen die padongelukkefonds, waar die eiser selfdood gepleeg het twee-en-‘n-half jaar nadat hy in ‘n motorongeluk beseer is. Het die selfdood direk verband gehou met trauma wat deur die ongeluk veroorsaak is? Riëtte Oosthuizen verduidelik die verskillende soorte huweliksvoorwaarde-kontrakte is, en die huweliksbedelings in terme van die huwelikswet.
9/5/202223 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Regsake 29 Augustus 2022

Igna Klynsmith waarsku teen mense met blink besigheidsplanne wat onrealistiese hoë opbrengste beloof. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor vrywarings en waarborge wat in ‘n koopkontrak behoort te wees indien jy ‘n maatskappy koop, veral wat skuldeisers betref. Igna bespreek ook ‘n luisteraarsbrief oor die bure se verwaarloosde kinders, en wat hom te doen staan. Est-Marie Callahan praat oor beplande nuwe wetgewing met betrekking tot onwettige oortreding.
8/29/202222 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Regsake 22 Augustus 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n geval waar ‘n komitee skielik by ‘n munisipaal-beheerde selfversorgingsoord vir bejaardes aangestel is, en ‘n baasspelerige inwoner homself boonop as voorsitter aangestel het. Igna deel ook inligting oor die outo-aanslag van die Ontvanger van Inkomste, en die implikasies daarvan indien jy fotos of inligting van kwaaddoeners in jou straat op sosiale media plaas. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die basiese beginsels van Bewysreg.
8/22/202225 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Regsake 15 Augustus 2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor hoe jy jou buurman kan verhoed om gedurig oor jou heining te hang; of jy verplig is om skuldeisers se oproepe en e-posse te beantwoord; en die implikasies van boedelbelasting indien ‘n afgestorwene aandele in ‘n maatskappy of beslote korporasie het. Volker Kruger praat oor die 1996 Wet op keuse oor die beëindiging van swangerskap en die 2000 Wet oor die Beheer van Vuurwapens.
8/15/202224 minutes, 5 seconds
Episode Artwork

Regsake 8 Augustus 2020

Igna Klynsmith fokus op die arbeidsreg. Hy bespreek onder meer ‘n saak oor ‘n werknemer wat geweier het om teen sy kollegas te getuig. Hy praat ook oor die nuwe kantoor van die regsdienste-ombud. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat die gesinsgeweldwet behels.
8/8/202224 minutes, 45 seconds
Episode Artwork

Regsake 1 Augustus 2022

Igna Klynsmith praat oor genadedood en die regulering daarvan. Hy bespreek ook ‘n saak oor beweerde polisienalatigheid, en ‘n luisteraarsvraag oor telebemarkers en jou reg op privaatheid. Est-Mari Mclaghlan praat oor die jongste wet op kubermisdade.
8/1/202219 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

Regsake 25 Julie 2022

Igna Klynsmith verduidelik wat omstadigheidsgetuienis is. Hy praat ook oor wie aanspreeklik is as daar iets met jou kind by ‘n dagsorgdsentrum sou gebeur. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik die verskil tussen meineed, regsverydeling en gemeentregtelike afknoop van misdade.
7/25/202223 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Regsake 18 Julie 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor agterstallige onderhoudsgeld, en die verhaling daarvan. Hy praat ook oor ‘n verkragtingsaak na aanleiding van ‘n beloofde kinderbruid in KwaZulu-Natal. Riëtte Oosthuizen verduidelik wat internasionale kinderontvoering binne die raamwerk van Suid-Afrikaanse familiereg behels.
7/18/202224 minutes, 7 seconds
Episode Artwork

Regsake 11 Julie 2022

Igna Klynsmith bespreek die uitleweringproses van die Gupta-broers, en ‘n saak oor ‘n werknemer wat sy werk bedank het, maar later sy bedanking wou terugtrek. Volker Kruger praat oor familietrusts, en of dit werklik jou bates teen skuldeiesers beskerm.
7/11/202226 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

Regsake 4 Julie 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die omvang van die plig op goedertrou wat ‘n werknemer tenoor sy werkgewer het. Hy bespreek ook die vereistes en wet op surrogaatskap. Sanette Viljoen van SV-Legal praat onder meer oor of grootouers ‘n wetlike plig het om hulle kleinkinders finansieël te ondersteun.
7/4/202222 minutes, 10 seconds
Episode Artwork

Regsake 27 Junie 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die skikking van agterstallig huurgeld/ Hy praat ook oor die PIE-wet (Prevention of Illegal Eviction from Unlawful Occupation of Land Act) en hoe om ‘n uitsettingsbevel te bekom. Veronique van Heyningen praat met regskenner Volker Kruger oor artikel 7 (3) van die Wet op Egskeidings.
6/27/202225 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

Regsake 20 Junie 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor die regulering van natuurlike gesondheidsprodukte of medikasie. Hy praat ook oor ‘n werknemer se reg op privaatheid by die werk, en bespreek ‘n saak oor ‘n onlangse oorwinning vir biologiese pa’s met die registrasie van pasgebore babas. Veronique van Heyningen praat met prokureur Est-Mari McCallaghan oor die wet op die uitbreiding van sekerheid van verblyfreg.
6/20/202219 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

Regsake 13 Junie 2022

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor die wet op vuurwapens; boedelbelasting wat betaalbaar is binne gemeenskap van goedere; en ‘n saak oor die onregmatige afdanking van ‘n werknemer van ‘n bekende restaurant. Veronique van Heyningen praat met strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis oor korrupsie.
6/13/202228 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

Regsake 6 Junie 2022

Veronique van Heyningen praat met Sanette Viljoen van SV Legal in Pretoria oor boedelbelasting. Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n versekeringseis, prokureur-kliënt vertroulikheid en vruggebruik.
6/6/202224 minutes, 1 second
Episode Artwork

Regsake 30 Mei 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsvraag oor prokureursetiek. Johan Botes, hoof van die internasionale regsfirma BakerMcKenzie se arbeidsregafdeling, praat oor afknouery in die werksplek.
5/30/202224 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Regsake 23 Mei 2022

Igna Kleinsmith bespreek ‘n vraag  oor ‘n weduwee, wie se stiefkinders daarop aandring dat hulle Pa op ‘n plek van hulle keuse begrawe moet word. Hy bespreek ook ‘n saak oor verkragting. Eiendomsregskenner Volker Krger bespreek die Wet op Eiendomspraktisyns.
5/23/202225 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

Regsake 16 Mei 2022

Igna Kleinsmith bespreek ‘n vraag oor hoe om volmag oor jou ouers se sake te verkry indien hulle nie meer in staat is om dit self te bestuur nie. Hy bespreek ook ‘n vraag oor wat jou te doen staan indien ‘n maatskappy waarin jy geld belê het, bankrot is. Prokureur Sanette Viljoen verduidelik wat Reel 43 is, en hoe dit jou kan help met onderhoud en toesig oor kinders tydens die egskeidingsproses.
5/16/202221 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Regsake 9 Mei 2022

Igna Klynsmith beantwoord luisteraarsvrae oor boedelbelasting, en jou regte ten opsigte van aanbouings by jou kinders se eiendom. Dr. Llewelyn Curlewis praat oor diefstal.
5/9/202221 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Regsake 2 Mei 2022

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor mediese nalatigheid, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor die aflos van ‘n huisverband van ‘n familielid op voorwaarde dat hy as mede-eienaar geregistreer word. Prokureur Sanette Viljoen verduidelik ook wat jou regte is tydens arrestasie en aanhouding.
5/2/202220 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Regsake 25 April 2022

Igna Kleinsmith verduidelik hoe vruggebruik bereken word, en beantwoord 'n luisteraar se vraag oor of besoedelaars beboet kan word vir die skade wat hulle die omgewing berokken. Grondwetkenner prof. Koos Malan onderskei tussen haatspraak en laster.
4/25/202226 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

Regsake 18 April 2022

Igna Kleinsmith bespreek onwettige aanbouings in deeltitelskemas, en wat met vaste eiendom gebeur indien die eienaar sy of haar Suid-Afrikaanse burgerskap verloor. Dr. Llewelyn Curlewis verduidelik watter stappe jy kan doen indien jy aangerand word.
4/18/202221 minutes, 34 seconds
Episode Artwork

Regsake 11 April 2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n arbeidshofuitspraak oor die eensydige verandering van aftreeouderdom; ‘n saak oor ‘n onderhoudseis wat verwerp is omdat die huwelik nie geldig was nie; en die vereistes vir wettige aanlyndobbel. Hy verduidelik ook wat ‘n notariële verbindingsooreenkoms behels.
4/11/202226 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Regsake 4 April 2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n appèlhofuitspraak oor die betaling van onderhoud;  die kostes en proses verbonde aan die kansellering van ‘n verband; en die Gelykheidshof se beslissing oor BLF-lede se uitlatings ná die brugramp by die Hoërskool Driehoek.  Hy bespreek ook kortliks die wysigings aan die wetgewing oor films en publikasies.
4/4/202226 minutes, 43 seconds
Episode Artwork

Regsake 28 Maart 2022

Igna Klynsmith bespreek die terugkoop van aandele en die vereistes wat daarvoor geld; en verduidelik hoe en óf ‘n trust ‘n lid van ‘n beslote korporasie kan wees. Hy beantwoord ook ‘n luisteraar se vraag oor die regsterm, inbringing, in die konteks van erflatings.
3/28/202226 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

Regsake 21 Maart 2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer die Konstitusionele Hof se onlangse beslissing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging; en ‘n appèlhofuitspraak oor die uitsetting van huurders. Hy bespreek ook ‘n navraag van ‘n luisteraar nadat die Padongelukkefonds ‘n eis verwerp het oor ‘n baba wat met ernstige breinskade gebore is nadat die ma in ‘n motorongeluk was.
3/21/202225 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

Regsake 14 Maart 2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n saak wat verband hou met die ontwerpregistrasie van drukstawe; en ‘n appèluitspraak oor die Paroolraad se verantwoordelikheid om te verduidelik waarom ‘n reeksoortreder op parool vrygelaat word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor die gebruik van trusts en maatskappye om persoonlike bates te beskerm in geval van insolvensie.
3/14/202225 minutes, 55 seconds
Episode Artwork

Regsake 7 Maart 2022

Igna Klynsmith skop die program af met ‘n voorlesing uit Gustaf Pienaar se Regsalmanak, wat handel oor twee mans wat op vaderskap aanspraak maak. Hy beantwoord ook verskeie kort navrae, onder andere oor die afdwingbaarheid van ‘n lewende testament. Hy bespreek ook ‘n vraag van ‘n luisteraar wat wil weet waarom professionele mense soos prokureurs en advokate aanspreeklik gehou kan word vir hulle foute, maar nie landdroste en regters nie.
3/7/202227 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Regsake 28 Februarie 2022

Igna Klynsmith praat onder meer oor die onteieningswetsontwerp; ‘n appèlhofuitspraak oor die voetstootsklousule; ‘n hofuitspraak oor die toepassing van swart ekonomiese bemagtiging; en die versekeringsombudsman se uitsprake oor twee gevalle van dronkbestuur. 
2/28/202228 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

Regsake 21 Februarie 2022

Igna Klynsmith bespreek onder andere die nuwe wetgewing oor forensiese prosedures; en ‘n skikking oor eksklusiewe ooreenkomste vir die verskaffing van skoolklere.  Hy bespreek ook die bepalings van die Verbruikerswet wat betref pryse op winkelrakke en in advertensies.
2/21/202229 minutes, 2 seconds
Episode Artwork

Regsake 14 Februarie 2022

Aan wie behoort die verloofring wanneer ‘n verlowing verbreek word? Igna Klynsmith beantwoord dié vraag, en bespreek ook drie wysigingswette wat onlangs bekragtig is wat verband hou met die bekamping van geslag- en gesinsgeweld.
2/14/202226 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Regsake 7 Februarie 2022

Igna Klynsmith bespreek onder meer die kwessie van kringtelevisiekameras in die werkplek; afdanking as gevolg van die misbruik van siekverlof; en die regte en bevoegdhede van buurtwagforums.
2/7/202225 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

Regsake 31 Januarie 2022

Igna Klynsmith beantwoord vrae oor die staking van betaling van tyddeelheffings; wie kan die beste raad gee oor sonering; hoe gemaak met ‘n foutiewe mediese rekening; en kan ‘n bejaarde ouer sy kinders dagvaar vir onderhoud?
1/31/202228 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

Regsake 24 Januarie 2022

Igna Klynsmith praat oor die kuns van kruisondervraging. Hy bespreek onder meer die vraag of ‘n spermskenker regte het ten aansien van die kind; huwelike met buitelanders; en of toegang geweier mag word aan beamptes of kontrakteurs wat elektrisiteitsmeters moet lees.
1/24/202226 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

Regsake 17 Januarie 2022

Igna Klynsmith bespreek die konsep geregtigheid. Verder bespreek hy ook ‘n saak oor die verdeling van pensioen by ‘n egskeiding, en beantwoord ‘n vraag oor verantwoordelikheid vir skuld: moet jy herinner word dat jy jou skuld moet betaal?
1/17/202225 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

Regsake 10 Januarie 2022

Igna Klynsmith bespreek kontraktuele verpligtinge en die onmoontlikheid om te presteer as gevolg van iets soos die inperkingsmaatreëls. Hy beantwoord ‘n vraag oor mede-eienaarskap van eiendom en vererwing, en die oordrag van bates aan erfgename voor die afsterwe van die erflater. Hy verduidelik ook hoe werk beslaglegging.
1/10/202226 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

Regsake 3 Januarie 2022

Hoe gemaak met ‘n familielid wat nie sy skuld terugbetaal nie?  Igna Klynsmith bespreek ook ‘n hofuitspraak wat spruit uit ‘n voorval toe iemand tydens die laaste kolfbeurt van ‘n krieketwedstryd reg voor iemand anders wat na die wedstryd gekyk het, voor die televisie gaan gestaan het; en ‘n weduwee se eis teen die Minister van Polisie vir die verlies van onderhoud nadat haar man in aanhouding selfmoord gepleeg het.
1/3/202226 minutes, 29 seconds
Episode Artwork

Regsake 27 Desember 2021

Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n ná-huwelikse voorwaarde kontrak; en die vraag of ‘n sakeonderneming op ‘n residensiële erf bedryf kan word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor ‘n plaasvervanger-erfgenaam se aanspreeklikheid vir die skuld van die oorspronklike erfgenaam.
12/27/202126 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

Regsake 20 Desember 2021

Igna Klynsmith bespreek ‘n hofuitspraak oor bepalings van kopieregwetgewing wat verander moet word; ‘n appèlhofuitspraak oor die oordrag van watergebruiksregte en ‘n regsontwikkeling wat voortaan dalk die sogenaamde SLAPP-verweer (strategiese litigasie teen openbare deelname) in Suid-Afrika moontlik kan maak.
12/20/202126 minutes, 47 seconds
Episode Artwork

Regsake 13 Desember 2021

Igna Klynsmith bespreek ‘n appèluitspraak oor die eienaarskap van ‘n bakkie nadat ‘n saamwoonverhouding skeefgeloop het; ‘n appèluitspraak wat moontlik ‘n belangrike regsontwikkeling kan wees oor misleidende inligting in ‘n versekeringseis; en hoe en in watter omstandighede ‘n testamentêre trust tot stand gebring word.
12/13/202125 minutes, 6 seconds
Episode Artwork

Regsake 6 Desember 2021

Igna Klynsmith en sy kollega Elmari Richter praat oor verskeie aspekte van die familiereg. Dit sluit in oupas en oumas se regte ten aansien van kleinkinders; faktore by aanneming; in watter omstandighede kan die welsyn ingryp; en die verskillende vorme van huweliksgoederebedeling.
12/6/202128 minutes, 36 seconds
Episode Artwork

Regsake 29 November 2021

Igna Klynsmith en kollega Elmari Richter bespreek verskeie aspekte van familiereg. Dit sluit in die egskeidingsproses; hoe word onderhoud bepaal; hoe lank geld die onderhoudsplig; en ouerlike beheer en toesig.
11/29/202128 minutes, 24 seconds
Episode Artwork

Regsake 22 November 2021

Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek ‘n wye verskeidenheid regsvrae. Dit sluit in die afdwingbaarheid van handelsbepalings in dienskontrakte en by die verkoop van aandele; serwituutregte en die reg van weg; die verjaring van munisipaledienstegelde en -belastings; die bevoegdhede van trustees; en die status van beslote korporasies. 
11/22/202126 minutes, 30 seconds
Episode Artwork

Regsake 15 November 2021

Igna Klynsmith en kollega Volker Kruger bespreek weer ‘n wye verskeidenheid regskwessies. Dit sluit onder meer in: uitstaande water- en elektrisiteitsrekeninge by die verkoop van landbougrond, en uitstaande heffings by die verkoop van deeltiteleiendom; testamentêre bemakings en begunstigdes van lewenspolisse, en die wysiging van begunstigdes van ‘n familietrust; en die vraag of werkgewers werknemers kan dwing om die Covid-19-inenting te kry.
11/15/202128 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

Regsake 8 November 2021

Igna Klynsmith en sy kollega Volker Kruger bespreek onder meer aspekte van die huweliksgoederewet wat verband hou met skuld en kontrakte; die voetstootsklousule; wat toestemming tot benadeling beteken; en wanneer jy mag skiet as jy iemand in jou huis betrap.
11/8/202126 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

Regsake 1 November 2021

Igna Klynsmith bespreek ‘n Appèlhofuitspraak oor nalatigheid, nadat ‘n vrou deur ‘n valhek beseer is by ‘n winkel, en ‘n saak oor middellike aanspreeklikheid. Hy beantwoord ‘n vraag oor die bates wat deel is van ‘n bestorwe boedel wanneer mense binne gemeenskap van goedere getroud is, en bespreek ‘n KVBA-saak oor taalgebruik op sosiale media.
11/1/202124 minutes, 37 seconds