Winamp Logo
Ons en die Onderwys Cover
Ons en die Onderwys Profile

Ons en die Onderwys

Africaans, Education, 1 temporada, 572 episodios, 1 día, 0 horas, 0 minutos
Acerca de
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Episode Artwork

Ons en die onderwys 28 Januarie 2024

Johan van Lill praat met. prof Hercules Nieuwoudt oor bekwame wiskunde-onderrig in die 4de nywerheidsrewolusie.
28/1/20240 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 21 Januarie 2024

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux oor strategieë oor hoe om die onderwysjaar met mening aan te pak en dit ‘n besondere jaar te maak vir jouself en vir jou leerders.
21/1/20240 minutos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 14 Januarie 2024

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen, oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, oor tipiese begin van die jaar dinge wat skoolhoofde moet hanteer en ook hoe om die onderwyspersoneel te motiveer vir die jaar wat voorlê.
14/1/20240 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 7 Januarie 2024

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met drie gaste oor wat vir ons voorlê in die 2024 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe kyk bietjie in hulle kristalballe en deel met ons waarvoor hulle opgewonde is en waaroor hulle bekommerd is oor die jaar wat voorlê.
7/1/20240 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 31 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met gaste oor die hoogtepunte en laagtepunte in die 2023 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe gesels oor wat reg en verkeerd geloop het in 2023.
31/12/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 24 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Riaan van den Bergh, adjunk uitvoerende hoof van FEDSAS, oor die 2024 skoolbeheerliggaamverkiesing. Wie kan daaraan deelneem en hoe werk die proses.
24/12/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 17 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met dr Jurie Joubert, bekende historikus en onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 3 en 4 en Graad 7 en 8. Hoekom is dit so kompleks en hoe moet onderwysers dit hanteer?
17/12/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 10 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux wat vir ons wenke gee oor hoe om die onderwysjaar op ‘n emosionele en geestelike vlak af te sluit. Hoe reflekteer ek op die onderwysjaar wat verby is.
10/12/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 3 Desember 2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen oor  al die dinge wat aan die einde van die skooljaar afgehandel moet word voordat die skool sluit vir die somervakansie.
3/12/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 26 November 2023

Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen, verbonde aan die Departement Opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg, oor die gebruik van mikrolesse vir die opleiding van STEM-onderwysers in 'n virtuele realiteitsklaskamer.
26/11/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 19 November 2023

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor hoe onderwysleiers ouerverwagtinge kan bestuur. Hoe kan die verhouding tussen die ouers en die skool gesond en konstruktief bestuur word?
19/11/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 12 November 2023

Johan van Lill praat met dr. Celia Booyse oor onderrigstrategieë met die brein in gedagte. Hulle kyk na die belangrikheid van taal in leer, uitvoerende funksies en waartoe dit leerders in staat kan stel.
12/11/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 5 November 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die BELA-wetgewing, wat gemeenskappe kan doen om die matrieks met hulle eksamen te ondersteun, en waar die proses is met aansoeke vir onderwysstudente by universiteite.
5/11/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 29 Oktober 2023

Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor geletterdheid, en fokus op die voor-die-lees-fase wat onderwysers as ‘n strategie kan gebruik by die onderrig van lees.
29/10/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 22 Oktober 2023

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor hoe om kritiese denkvaardighede by leerders te ontwikkel.
22/10/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 15 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor kommunikasie en onderwysleierskap. Hoe kan onderwysleiers suksesvol kommunikeer sodat dinge glad kan verloop in die skool en skoolgemeenskap?
13/10/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 8 Oktober 2023

Johan van Lill praat met Susan Burgess, 'n onderwyskundige, oor speelgebaseerde leer in voorskoolse onderrig. Hoekom is speel so belangrik vir die ontwikkeling van jonger leerders?
8/10/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 1 Oktober 2023

Johan van Lill praat met professor Jean Greyling oor kodering. Hoekom is kodering belangrik vir leerders? Hoe kan skole, wat nie oor die nodige hulpbronne beskik nie, dit aanpak?
1/10/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 24 September 2023

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer oor poppedialoog as onderrigleerstrategie in die wiskunde- en wetenskapklaskamer. Hoe kan poppespel gebruik word om wiskunde en wetenskap te onderrig?
24/9/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 17 September 2023

Johan van Lill praat met dr. Nanda Klapwijk oor onderrig en ontwikkeling van leesbegrip. Hoe ontwikkel ’n mens leesbegrip? Is dit iets waarmee ouers kan help?
17/9/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 10 September 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Jannie van der Westhuizen oor wat die kernopdrag van skole is, en waarmee hulle besig behoort te wees.
10/9/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 3 September 2023

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedsas, oor die BELA-wetgewing wat tans baie in die nuus is. Wat moet ouers, onderwysers en skole hiervan weet? Wat gebeur nou verder?
3/9/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 27 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Marieta Nel oor begripstoetse, visuele en ouditiewe tekste en opsommings. Hoe kan onderwysers dit meer suksesvol in die klaskamer aanpak met die leerders sodat hulle dit eendag met sukses in die matriekvraestel kan doen?
27/8/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 20 Augustus 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor hoe onderwysers oor Afrikaans moet dink. Maandag 14 Augustus was Taaldag. Wat is die stand van Afrikaans in skole?
20/8/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 13 Augustus 2023

Johan van Lill praat met Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck oor die waarde wat teaterbesoeke vir leerders het. Hulle vertel hoekom dit belangrik is dat leerders hulle leesboekkarakters ook op ‘n verhoog beleef.
13/8/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 6 Augustus 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige dr. Jeanette de Klerk-Luttig oor die verhouding tussen ouers en onderwysers. Wat is die dinge wat onderwysers graag wil hê ouers moet hoor en op ag slaan? Wat is die dinge wat ouers wil hê, onderwysers moet van kennis neem?
6/8/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 30 Julie 2023

Johan van Lill praat met Riaan van der Bergh van Fedsas oor die 2024-skoolbeheerliggaamverkiesings.
30/7/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 23 Julie 2023

Johan van Lill praat met Sors Joubert, 'n dosent in liggaamlike opvoeding, oor die rol wat liggaamlike opvoeding in skole speel. Tot watter mate is LO voordelig vir leerders, en wat gebeur tans in skole wat hierdie betref.
23/7/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 16 Julie 2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor die verhouding tussen die skool en die opvoedkundige sielkundige. Hoe kan daar ‘n beter en goeie samewerking wees tussen hierdie twee partye?
16/7/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 9 Julie 2023

Johan van Lill praat met oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, Jannie van der Westhuizen, oor die uitdagings wat onderwysleiers tans in die gesig staar. Hoe kan skole hierdie oorkom?
9/7/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 2 Julie 2023

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, historikus en onderwyskundige, oor die rol wat pedagogiek kan speel om skole meer effektief te maak. Hoe kan leerders se agterstande deur goeie pedagogiek aangespreek word?
2/7/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 25 Junie 2023

Johan van Lill praat met Glen du Toit oor hoekom die gebruik van tegnologie in skole nog nie die onderwyskrisis kon oplos nie? Hoe vaar ons in vergelyking met ander lande wat dieselfde uitdagings as ons het?
25/6/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 18 Junie 2023

Johan van Lill praat met Tertia du Plessis, ‘n onderwyskundige, oor die geletterdheidskrisis in skole. Wat kan skole doen om die geletterdheidsuitdagings aan te pak?
18/6/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 11 Junie 2023

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om te onderrig en te leer om beter te verstaan, langer te onthou en meer te kan doen daarmee.
11/6/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 4 Junie 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die lae geletterdheidsvlakke, aanlynaansoeke vir toelating tot skole, en die aansoekproses by universiteite vir toelating en finansiële hulp.
4/6/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 28 Mei 2023

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, 'n vakspesialis vire wetenskap en robotika by die Skole-ondersteuningsentrum, oor kunsmatige intelligensie en spesifiek ChatGPT se impak op onderwys.
28/5/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 21 Mei 2023

Johan van Lill praat met Maritha Fouche, ‘n privaat maatskaplike werker, oor holistiese sosio-emosionele assesserings. Dis ‘n assessering wat die oorsake van gedrag en emosionele probleme by kinders kan identifiseer.
21/5/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 14 Mei 2023

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, hoof van grondslagfase by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein, oor ouerbetrokkenheid. Wat is die positiewe en negatiewe aspekte van ouerbetrokkenheid by die skool en kinders?
14/5/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 7 Mei 2023

Johan van Lill praat met twee argitekte oor hoe waardes in skole lyk. Hoe kan ‘n mens kernwaardes in skole vestig?
7/5/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 30 April 2023

Hoe lyk die ideale skoolgebou? Johan van Lill praat met twee argitekte wat spesialiseer in die ontwerp van skole. Tradisionele klaskamers word nou leerruimtes wat nie meer noodwendig uit vier mure hoef te bestaan nie.
30/4/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 23 April 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor onderwysmentorskap. Hoe kan skole nuwe onderwysers ondersteun om hulle beroep ten volle toegerus te begin?
21/4/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 16 April 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige Christine Koudstaal oor outisme en inklusiewe onderwys. April is nasionale outismemaand, en ons fokus op die uitdagings vir onderwysers om kinders met outisme in hulle klasse te laat floreer.
16/4/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 9 April 2023

Johan van Lill met praat met onderwyskundige dr. Jurie Joubert oor hoe skole kan baat by multigraadonderwys. Vir baie jare is dit gesien as ‘n mindere onderwysaanbieding, maar navorsing dui daarop dat leerders groot baat kan vind daarby.
9/4/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 2 April 2023

Johan van Lill praat met Ester Nel, 'n onderwyser en onderwysleier by Leeuwenhof Akademie, oor hoe om gehalte in my skool te verseker. Watter rol kan ‘n vakhoof daarin speel?
2/4/20230 minutos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 26 Maart 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige en onderwyskonsultant Johan Bezuidenhout oor die gebruik van die BOLKE-metode as ‘n bestuursintrument in skole. Hoe kan skole hulle aktiwiteite beter beplan en bestuur met die hulp van hierdie metode?
26/3/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 19 Maart 2023

Johan van Lill praat met twee onderwyskenners oor kuberboelie in skole. Sy gaste is Leandie Brasdler en advokaat Phyllis Vorster. Hoe erg is die probleem, veral in Suid-Afrika se skole? Watter tipe aktiwiteite kan gesien word as kuberboelie?
19/3/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 12 Maart 2023

Johan van Lill praat met onderwyskundige en onderwysleier Martie Heystek oor hoe onderwysers goeie menseverhoudinge kan handhaaf.
12/3/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 5 Maart 2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor die skoolhoof as gemeenskapsleier en bestuurder van mense. Wat behels die rol van die skoolhoof in ons moderne samelewing?
5/3/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 26 Februarie 2023

Johan van Lill praat met Johan Bezuidenhout, 'n afgetrede skoolhoof en onderwyskonsultant, oor onderwys wat gerig is op die ontwikkeling van ‘n positiewe selfbeeld by leerders.
26/2/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 19 Februarie 2023

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch oor die kommer oor 'n tekort aan onderwysers, voorskoolse onderwys, die verkiesing van die beheerliggame, en die invloed wwat ChatGPT op toetse en eksamens kan hê. 
19/2/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 12 Februarie 2023

Johan van Lill praat met Daan Potgieter, 'n onderwyskundige, oor wat dit behels om ‘n onderwyser te wees in die hoërskool. Wat moet jy weet as jy die onderwysprofessie wil betree, of pas met jou onderwysloopbaan begin het?
12/2/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 5 Februarie 2023

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige, oor wat dit behels om ‘n onderwyser te wees in voorskoolse en laerskool onderwys. Wat moet jy weet as jy die onderwysprofessie wil betree, of pas met jou onderwysloopbaan begin het.
5/2/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 29 Januarie 2023

Johan van Lill praat met dr. Jeanette de Klerk-Luttig, 'n onderwyskundige, oor hoe ‘n onderwyser kop hou en balans kan hê in die jaar wat voorlê. Hoe behou ek my vreugde as ‘n onderwyser?
29/1/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 22 Januarie 2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Elzette Fritz oor wat onderwysleiers moet weet van selfdood onder leerders. Wat is die growwe en sagte tekens waarvoor mens moet uitkyk, en hoe moet skole dit hanteer wanneer daar ‘n selfdoodpoging was?
22/1/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 15 Januarie 2023

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor skolastiese evaluerings. Wanneer is dit nodig en wat behels die proses om leeruitdagings te diagnoseer?
15/1/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 8 Januarie 2023

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe om ‘n fokus vir jou onderwysjaar te hê, en waarop om te fokus om die uitdagings van die jaar in die skool en klaskamer te oorkom.
8/1/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 1 Januarie 2023

Johan van Lill praat met drie onderwyskenners oor die onderwysjaar wat voorlê. Wat is die uitdagings vir die jaar wat kom? Die deelnemers is dr. Jaco Deacon, prof. Mariette Reynecke en prof. Michael le Cordeur.
1/1/20230 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 18 Desember 2022

Johan van Lill praat met drie onderwyskenners oor die afgelope jaar se onderwysgebeure. Wat het reggeloop en wat het verkeerd geloop? Die deelnemers is Dr. Jaco Deacon, prof. Mariette Reynecke en prof. Michael le Cordeur.
18/12/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 11 Desember 2022

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe om op ‘n persoonlike vlak op jou onderwysjaar te reflekteer en die jaar af te sluit. Ons kyk terug na die doelwitte wat ons aan die begin van die jaar gestel het om hierdie uitdagende onderwysjaar suksesvol te maak.
11/12/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 4 Desember 2022

Johan van Lill praat met Jenny Bridgeman van die Overberg Onderwysdistrik in die Wes-Kaap oor wat ouers se rol is in hulle kinders se skool. Waarvoor moet ouers verantwoordelikheid neem? Hoe betrokke moet jy by jou kind se skool wees?
4/12/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 27 November 2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor wêreldgehalte onderwys, en wat dit behels.
27/11/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 20 November 2022

Johan van Lill praat met narratiewe terapeut Thérèse Hulme oor idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klaskamer.
20/11/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 13 November 2022

Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Quinton Adams oor die insigte wat hy gekry het in onderwys terwyl hy besig was om die Backyard Varsity op die been te bring.
13/11/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 6 November 2022

Johan van Lill praat met Jeanette de Klerk-Luttig oor die rol wat skole kan speel om kernwaardes, soos respek en verantwoordelikheid, by leerders te ontwikkel. Wat behels die waardes van respek en verantwoordelikheid? Hoe lyk ‘n skool waar respek en verantwoordelikheid deel van die etos is?
6/11/20220 minutos, 1 segundo
Episode Artwork

Ons en die onderwys 30 Oktober 2022

Johan van Lill praat met Johan Bezuidenhout wat 43 jaar onderwyservaring het, waarvan 32 jaar as skoolhoof. In 2020 is hy deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon met die Elizabeth Steijn-medalje vir uitstaande onderwys in Afrikaans en vir uitnemendheid binne en buite die klaskamer. Hy praat oor die groei en ontwikkeling van onderwysers, bestuurspanne en skoolhoofde.
30/10/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 23 Oktober 2022

Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor eksamenstres en angs. Watter rol kan onderwysers speel om vir leerders te help om dit te hanteer? Watter opsies is daar vir leerders met erge eksamenstres en angs?
23/10/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 16 Oktober 2022

Johan van Lill praat met dr. Theuns Elof, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, en die impak wat dit op Afrikaanse skole kan hê.
16/10/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 9 Oktober 2022

Johan van Lill praat met Magdaleen de Kock, 'n onderwyskundige in tegnologie in die klaskamer, oor “games based learning” en eSport. Hoe kan dit suksesvol in die klaskamer en in die skool aangebied word?
9/10/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 2 Oktober 2022

Johan van Lill praat met onderwysregskenner Juane van der Merwe oor wat die basiese regte van onderwysers is.
2/10/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 25 September 2022

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedas, oor wat van ‘n skool ‘n puik skool maak, en van ‘n beheerliggaam ‘n uitstekende beheerliggaam.
25/9/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 18 September 2022

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n spesialis in vroeë kinderontwikkeling, oor die rol wat stories speel om kinders skoolgereed te kry. Taalontwikkeling is belangrik om die basiese voorbereiding vir lees by kinders te ontwikkel, en stories speel ‘n kardinale rol hierin.
18/9/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 11 September 2022

Johan van Lill praat met sosiale mediakenner, Magriet Groenewald, oor hoe skole hulle beeld kan bevorder en aktiwiteite op sosiale media moet en kan bekendstel.
11/9/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 4 September 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om leerders aan die gang te kry in die klas met behulp van gewoontes, roetines en rituele.
4/9/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 28 Augustus 2022

Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn oor hoe om te weet wanneer leerders die waarheid praat of nie. Wanneer daar ‘n probleemsituasie ontstaan, en jy moet uitvind wie ‘n leuen vertel, kan dit ingewikkeld raak. Lizette Volkwyn is een van die min menslike leuenverklikkers in die wêreld, en sy spesialiseer daarin om mense te help om by die waarheid uit te kom.
28/8/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 21 Augustus 2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, onderwyskundige en historikus, oor die belangrikheid van akademiese vaardighede, en wat onderwysers kan doen om hierdie vaardighede by leerders te ontwikkel.
21/8/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 14 Augustus 2022

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor sy program, Dissipline begin by die huis, wat vanjaar 10 jaar oud is. Hy praat oor die sewe boustene van dissipline wat onderwyers kan help om leiding aan ouers te gee vir wie dissipline ‘n uitdaging tuis is.
14/8/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 7 Augustus 2022

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, 'n onderwyseres by Laerskool Simonsberg in Kraaifontein, oor leesontwikkeling en leesprobleme by leerders. Wat kan onderwysers en ouers doen om te help?
7/8/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 31 Julie 2022

Johan van Lill praat met prof. Ingatius Gous oor leer, aanlyn-leer en aanhou leer. Daar word verwys na die werk van die wêreldkenner op die gebied van Mind, Brain and Education van die Harvard Graduate School of Eduction, prof. Tracey Tokuhama-Espinosa.
31/7/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 24 Julie 2022

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, visedekaan vir leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, oor ‘n kurrikulum vir die 21ste eeu. Suid-Afrika staan by ‘n kruispad. Om van hier af sukses te behaal, het ons ‘n skoolleerplan nodig wat die ongelykhede van die verlede aanpak, en kinders kan toerus met waardes, kennis en vaardighede vir die 21ste eeu.
24/7/20220 minutos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 17 Julie 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor leerders se besluitnemingsvermoë. Hoe berei ons leerders voor om komplekse besluite te kan neem?
17/7/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 10 Julie 2022

Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor hoe belangrik dit is om die leerders wat voor jou is, in alle opsigte te ken. Klasse is groot en daar is baie uitdagings vir onderwysers om elke leerder ten volle met hulle sterk punte en uitdagings te verstaan.
10/7/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 3 Julie 2022

Johan van Lill praat met onderwyseres en fasehoof, Alicia Roods, oor die uitdagings om in ‘n leerondersteuningsklaskamer skool te hou.
3/7/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 26 Junie 2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n opvoedkundige en skrywer, oor die veelvlakkigheid van multigraadonderwys, en hoe dit ook in ‘n gewone klaskamer van hulp kan wees.
26/6/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 19 Junie 2022

Johan van Lill praat met prof. Ingatius Gous oor hoe ons ons kinders kan voorberei om die lewe te bemeester. Maslow se hierargie van behoeftes is een van die dinge wat ‘n rol kan speel.
19/6/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 12 Junie 2022

Johan van Lill praat met die argitek en internasionale konsultant vir die ontwerp van skole, De Waal Ritter, oor groen en omgewingsvriendelike skole. Is daar groen skole in Suid-Afrika? Wat behels die ontwerp van sulke skole?
12/6/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 5 Junie 2022

Johan van Lill praat met Sonja Engelbrecht, adjunkhoof by Laerskool Simonsberg, oor die uitdagings wat grondslagfase-onderwysers in die klaskamer beleef.
5/6/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 29 Mei 2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n historikus en onderwyskundige, oor die vak geskiedenis, hoe ons oor die verlede moet dink, en hoe geskiedenis in skole aangebied behoort te word.
29/5/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 22 Mei 2022

Johan van Lill praat met Magriet Groenewald, 'n kenner van sosiale media, oor jy jou leerders slim maak met hulle slimfone. Dis ‘n groot bekommernis dat leerders nie altyd besef wat die impak van die internet en sosiale media op hulle lewe is nie. Wat kan ek as onderwyser hieraan doen?
22/5/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 15 Mei 2022

Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoekom werkloosheid onder die jeug steeds so hoog is. Watter rol moet onderwys daarin speel om dit te verbeter?
15/5/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 8 Mei 2022

Johan van Lill praat met proff. Mariette en Roelf Reyneke van die Universiteit van die Vrystaat oor die impak van trauma in skole. Wat is trauma, en hoe behoort dit deel te vorm van die skool se beleid en kultuur? Baie keer dink onderwysers dat as hulle skree en baklei, dan is die leerders still en luister, wat nie die waarheid is nie. Die kinders is dan in vrees , en kan niks inneem.
8/5/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 1 Mei 2022

Johan van Lill met praat Ronel van Dijk, 'n onderwyser by Paarlskool vir neuraal gestremde leerders in Brackenfell, oor hoe die pandemie hulle skool en aktiwiteite beïnvloed het. Sy vertel van die kreatiewe planne wat hulle gemaak het om steeds die beste onderrig moontlik vir hulle leerders te gee.
1/5/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 24 April 2022

Johan van Lill praat met Hennie Mentz, ‘n legende in onderwys vir leerders met leerhindernisse en tans skoolhoof van ‘n assisted learning-skool in Durbanville. Ons gesels oor die verskil tussen hoofstroom, LSEN en assisted learning. Laasgenoemde is ‘n inklusiewe model wat steeds as ‘n vorm van hoofstroomonderwys beskou word.
24/4/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 17 April 2022

Johan van Lill praat met prof. Mariette Reyneke en prof. Roelf Reyneke van die Universiteit van die Vrystaat oor regstellende of herstellende dissipline waar die fokus nie op straf is nie, maar eerder op wat die invloed van een leerder se gedrag op ‘n ander is. Boelies het dikwels onderliggende probleme wat daartoe lei dat hulle ander kinders boelie, en dit moet ook aangespreek word, want om die boelie te straf help hom nie om sy sosiale probleme op te los nie.
17/4/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 10 April 2022

Johan van Lill praat met Juané van der Merwe van Fedsas en prof. Mariette Reyneke van die Universiteit van die Vrystaat oor hoe onderwysers konflik, aanranding en dreigemente in die klaskamer moet hanteer. Wat is die wetlike aspek, veral as leerders video's van voorvalle maak en dit op sosiale media versprei.
10/4/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 3 April 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe tradisionele onderwys die konsep van sukses teenoor mislukkig (dat jy of reg of verkeerd is) by leerders gevestig het. Opvoedkundiges is dit eens dat jy uit jou foute moet leer.
3/4/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 27 Maart 2022

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige en historikus, oor multi-graadskole. Bestaan sulke skole nog in Suid-Afrika, en hoe kry ‘n onderwyser dit reg om meer as een graad op ‘n slag in een klaskamer te onderrig?
27/3/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 20 Maart 2022

Johan van Lill praat met Monique Strydom en Lizel van Eeden van die nie-regeringsorganisasie, Matla a Bana, oor die veiligheid van leerders. Hulle fokus op wat om te doen as ‘n leerder inligting deel wat te doen het met enige vorm van geweld by die huis of skool. Hoe werk die prosedures om dit te hanteer en aan te meld? Wat moet alles in ‘n skool so protokol hieroor verskyn.
20/3/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 13 Maart 2022

Johan van Lill praat met Juané van der Merwe oor die administratiewe regte en funksies van vroeë kinderontwikkeling wat skuif na die Departement van Basiese Onderwys. Wat hou die migrasie vir preprimêre skole in? Wat is die implikasies van Graad R wat verpligtend word? Hoe raak dit die vereiste kwalifikasies van Graad R-opvoeders?
13/3/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 6 Maart 2022

Johan van Lill praat met prof. Elza Mentz van die Noordwes-Universiteit oor die impak van selfgerigte leer op onderwys. Byron Bunt en Deon van Tonder vertel van die gebruik van digitale tegnologie om formatiewe assessering te doen, na aanleiding van ‘n navorsingsprojek wat hulle by die Noordwes-Universiteit gedoen het.
6/3/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 27 Februarie 2022

Johan van Lill kyk na die fasilitering van vervlegde leer (blended learning) en hoe dit in 'n selfgerigte leer-konteks aangepak kan word.
27/2/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 20 Februarie 2022

Johan van Lill praat met Sally Langerman en Lynette du Toit oor die “curiosity approach” tot voorskoolse onderwys. Dis ‘n benadering wat wêreldwyd al hoe meer posvat, en Curro Rosen Castle doen dit al vir die afgelope drie jaar met hulle een- tot vyfjariges.
20/2/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 13 Februarie 2022

Johan van Lill praat met dr. Corné Kruger en prof Jako Olivier, albei van die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit, oor die omgekeerde klaskamer (flipped classroom) ter ondersteuning van metakognitiewe vaardighede vir selfgerigte leer.
13/2/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 6 Februarie 2022

Johan van Lill kyk na die gebruik van kooperatiewe leer in ‘n digitale omgewing, waar die leerders dit met die hulp van tegnologie doen, en hoe dit selfgerigte leer by leerders kan ontwikkel. Sy gaste is Roxanne Bailey en Sukie van Zyl, albei verbonde aan die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit.
6/2/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 30 Januarie 2022

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat die Dunning-Kruger-effek speel om leerders voor te berei om suksesvol en gelukkig in die wêreld te leef met die regte kennis en wysheid.
30/1/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 23 Januarie 2022

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, dr. Chris Klopper en prof. Michael le Cordeur, oor wat die uitdagings is wanneer leerders se taal van onderrig verskil van hulle huistaal.
23/1/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 16 Januarie 2022

Johan van Lill hoor by twee onderwyskundiges, Charlotte Fourie en Hildegard Brummer, of tegnologie werklik 'n positiewe impak op leerders se ontwikkeling het. Hulle kyk krities na die gebruik van tegnologie in die klaskamer en vir leer.
16/1/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 9 Januarie 2022

Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, skrywer en motiveringspreker, oor hoe om inspirasie te kry vir die 2022-onderwysjaar. Hoe maak ek van hierdie jaar 'n goeie onderwysjaar in my klas, my skool en my gemeenskap?
9/1/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 2 Januarie 2022

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, prof. Mariette Reyneke en Landi Slatter oor die 2022 onderwysjaar wat voorlê. Die onderwyskundiges gee ‘n oorsig van die dinge waarvan ons moet kennis neem in die jaar wat voorlê.
2/1/20220 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 26 Desember 2021

Johan van Lill reflekteer saam met Jaco Deacon, prof. Mariette Reyneke en Landi Slatter oor die 2021-onderwysjaar. Wat was problematies? Waaroor kan ons onsself op die skouer klop? Wat was die interessante dinge wat in wêreld van onderwys gebeur het die afgelope jaar?
26/12/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 19 Desember 2021

Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, Marietjie le Roux en Maryna Besseling, oor inklusiewe onderwys en hoe aanpassings vir leeruitdagings werk. Wat is ouers en leerders se regte, en hoe moet skole dit hanteer?
19/12/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 12 Desember 2021

Johan van Lill praat met Maryna Besseling, betrokke by die SAOU se professionele dienste, en dr. Melody de Jager, ‘n ontwikkelingskenner, oor hoe om leerders se kreatiwiteit te stimuleer en te ontwikkel.
12/12/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 5 Desember 2021

Johan van Lill praat met dr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, oor die beplande nuwe geskiedeniskurrikulum wat die Departement van Basiese Onderwys in skole ‘n verpligte vak wil maak. Waar trek die proses, en wat is die implikasies vir skole en onderwys?
5/12/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 28 November 2021

Johan van Lill praat met dr. Louis Swanepoel van die SAOU en dr. Jaco Deacon van Fedsas oor hoe om geld te spaar by jou skool en ekstra fondse te genereer.
28/11/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 21 November 2021

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en Neal Petersen van die Noordwes-Universiteit oor virtuele uitstappies, en hoe skole dit suksesvol kan aanpak.
21/11/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 14 November 2021

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat uitvoerende funksies in leer en ontwikkeling van leerders speel. Hoe kan selfinsig, fokus en prioritisering by kinders ontwikkel word om hulle te help om beter te leer?
14/11/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 7 November 2021

Johan van Lill  het by die vierde Internasionele Kongres oor Selfgerigte Leer met van die aanbieders gepraat oor hulle navorsing wat op onderwysers en onderwysleiers van toepassing is.
7/11/20210 minutos, 0 segundos
Episode Artwork

Ons en die onderwys 31 Oktober 2021

Johan van Lill praat met Alice Holland en Maadje Krige van die De La Bat Skool op Worcester oor hoe 'n dowe kind se klas en lesse verskil van 'n siende kind s’n.
31/10/20210 minutos, 0 segundos