Winamp Logo
Radioteater Cover
Radioteater Profile

Radioteater

English, Theatre, 1 season, 329 episodes, 6 days, 46 minutes
About
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Episode Artwork

VIER DAE VOOR KERSFEES deur Estel de Beer

Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika. Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander reeds jare op die plaas. Die Scheepers-familie gaan Kersdag op die plaas vier en voorbereiding is in volle swang. En dis in hierdie tyd wat die baas van die plaas aandring oo ‘n familievergadering om die toekoms van die familieboerdery te bespreek.
12/25/202350 minutes, 44 seconds
Episode Artwork

DIE SKULDIGE IS DUS... deur Eleanor Lombard

Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle ondersoek vorder blyk dit dat die slagoffer se hele huishouding motief het om hom vankant te maak. Wie is die skuldige? Dit mag jou verras!
12/21/20231 hour, 26 seconds
Episode Artwork

NOLS D'AMUS deur Hendie Grobbelaar

Nols D’Amus, deur Hendie Grobbelaar, vertel die storie van Nols wat per ongeluk in 1999 in die Vallei van Tussen-In beland.  Daar ontmoet hy ‘n paar interessante mense – maar hulle leef nog in 1989!  Hy benut egter die geleentheid om ‘n paar transaksies vas te knoop met beloftes van groot winste iewers in die toekoms. En wanneer hy die Vallei verlaat, “spring hy weer oor die almanak” soos Santjie (Elzabe Zietsman) dit noem, en beland tot sy skok en ontnugtering in 2020.
12/14/20231 hour, 6 minutes, 56 seconds
Episode Artwork

DIE BELOFTE deur Paula Hartzenberg

Alet ly aan ’n traumatiese toestand wat klaarblyklik onbewustelik van haar ma af op haar oorgedra is. Ten tyde van die ma se heengaan, is dit Alet se ouer suster, Jana, wat haarself met ’n belofte verbind tot die taak om uit te vind wat presies in  hulle ma se lewe gebeur het wat hiertoe kon gelei het. Toe iemand eendag by hulle deur kom aanklop, kry die soektog momentum, maar onverwagse hindernisse kom terselfdertyd oor haar pad. Uiteindelik beland Jana by ’n punt waar sy ’n riskante besluit oor haar eie lewe moet neem voordat die waarheid tydens ’n bonatuurlike reis hopelik aan die lig kan kom.
12/7/202354 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

GELDJIE ASSEBLIEF deur Casper Lourens en Henry Jacobs

“Ek is maar net ‘n inconvenience by die verkeerslig,” ‘n Lewe op straat is alles behalwe maklik. Dries, Koos en Fridge, is drie boemelaars wat op straat agter die winkelsentrum woon en hul daaglikse bestaan maak. Hulle word ondersteun deur die kerk met ‘n broodjie so nou en dan en die dominee wat af en toe kom inloer. Maar hierdie goedhartigheid van die dominee kom teen ‘n prys...
11/30/20231 hour, 37 seconds
Episode Artwork

VOOR EK VERGEET deur Karen Marx

Hendrien moet skuif van haar woonstel, na ‘n kamer in die aftreeoord waar sy bly. Sy is gediagnoseer met vroeë tekens van demensie. Daarby het haar pragkind, haar talentvolle seun Johan, se kanker teruggekeer. Hierdie is ‘n storie van oudword, afskaal, twyfel, verlies en vergeet. Amanda Strydom en Hannes van Wyk, wat destyds die rolle vertolk het in die verhoogproduksie, kan in hierdie drama gehoor word. Die ander akteurs is Dawid Minnaar, Nadia Valvekens en Eddie de Jager.
11/23/20231 hour, 20 minutes, 26 seconds
Episode Artwork

LANK LEWE DIE KEISER deur Maria Vos

‘n Groepie akteurs repeteer aan ‘n moderne weergawe van Shakespeare se Julius Caesar. Die veeleisende regisseur blyk baie ongewild te wees, en wanneer daar boonop ‘n kragonderbreking is, begin die poppe dans. Die spelers is Wessel Pretorius, Roeline Daneel, Anrich Herbst, Hannah Borthwick, Marion Holm, Adriaan Havenga en Ira Blanckenberg.
11/16/202339 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

SOETE DROME deur Karen Wessels

’n Liefdesverhaal van twee mense met bagasie uit die verlede, wat mekaar toevallig ontmoet en deur omstandighede deel word van mekaar se lewe. Die gesoute akteur en stemkunstenaar, Karen Wessels, maak haar debuut as skrywer met hierdie werk, en sy speel ook die hoofrol teenoor die ewe ervare kunstenaar, Robbie Wessels. Die ander akteurs is Altus Theart, Johny Klein, Renske Jacobs en Marina Coetzee.
11/9/20231 hour, 7 minutes, 59 seconds
Episode Artwork

TIENER IN DIE SUBURBS deur Luan Jacobs

Elkeen dra geheime, angs, bagasie en neurose met hulle saam. Antonie verkoop komberse om aan die lewe te probeer bly, en Jasmyn doen haar voor as medium wat kamtig met dooies kan kommunikeer. Hulle maak op dié onortodokse manier geld uit mense, wat ‘n geliefde verloor het. Maar oneerlikheid haal hulle in. Tog kan hulle nie vals oor die liefde wees nie, en blom hulle romanse onder uiterste en dikwels tragiese omstandighede. Die akteurs is Izél Bezuidenhout, Luan Jacobs, Tobie Cronjé, Ria Smit, Sulette Thompson, Antowan Nothling en Mandie du Plooy.
11/2/20231 hour, 30 seconds
Episode Artwork

DIE STOMME MOSES deur Albert Short

‘n Kaal man word in die vlak water van ‘n rivier gevind. Hy is bewusteloos en kan nie praat nie. Wie is hy? Of meer belangrik – wát is hy? Want die Anglo-Boereoorlog is in volle swang. Is hy Boer of Brit? Vriend of vyand? Tussendeur raak die verpleegster verlief op hom. En iemand raak jaloers – en die stomme Moses, al kan hy nie ‘n vinger lig of ‘n woord sê nie, verkeer in doodsgevaar! DIE STOMME MOSES is ‘n absurde komedie wat afspeel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899 tot 1902 in Suid-Afrika gewoed het. Dit was Boer teen Brit, en om in daardie tyd sonder identiteit te wees, moes waarskynlik ‘n erge probleem gewees het. Die akteurs is Karli Heine, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius.
10/26/202348 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

'N MOOI SONDAGMIDDAG IN SEPTEMBER deur Ugo Betti

Mev. Adriana is 40 en verveeld. Dit voel vir haar asof die lewe na 'n einde beweeg, tot sy hoor dat sy 'n ouma gaan word, en dat 'n nuwe lewe gaan begin. Die spelers is Anneke Keyter, Johann Nel, Johann Esterhuysen, Christo Gerlach, Joanie Combrink, Alewyn Lee, Pierre Louw, Edward Turner, Neels Engelbrecht en Nicci van Noordwyk.
10/19/202330 minutes, 18 seconds
Episode Artwork

BEURTKRAG deur Leon van Nierop

‘n Riller oor die uitwerking wat beurtkrag het. Albert beman bedags (en soms snags) ‘n noodlyn waarheen mense skakel indien hulle ‘n krisis het. Beurtkrag veroorsaak meer trauma as wat besef word. Om die waarheid te sê, dit word onderskat. En dit kring wyer uit na mense se persoonlike lewe, wat dan om berading aanklop. Die probleem is dat die tradisionele vraag- en antwoordsessie nie altyd help nie. Veral nie in hierdie geval nie... Die spelers is Bettie Kemp, Antowan Nöthling en Luan Jacobs.
10/12/202357 minutes, 41 seconds
Episode Artwork

HOLMRUGGERY deur Marion Holm

Marion Holm se loopbaan het weens die Covid-pandemie skielik tot ‘n einde gekom. Soos talle ander kunstenaars is sy deesdae weer volstoom aan die arbei en spin. Haar ervaring hiervan is vasgevang in ’n eenvrouvertoning. Dis ‘n intieme kykie in haar lewe voor, tydens en ná die pandemie.
10/5/202352 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

LAERSKOOL NOORD deur Ilne Fourie

Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hulle skoolhoof se aftrede. Met die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreesaanjaende fluitjie, Bets du Preez se chaotiese administrasie en die  vredemaker Marietjie(tjie)  wat as die taalsuiweraar optree, is die kantoor ‘n tikkende tydbom. En dan wag hulle vir meneer van der Watt om aan te kondig wie die nuwe hoof van Laerskool Noord is... Die spelers is Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie, Neels Coetzee en Albert Maritz.
6/29/20231 hour, 12 minutes, 48 seconds
Episode Artwork

DEUR DIE VUUR VIR JOU deur Adriaan Havenga

Die verhouding tussen ‘n akademikus-pa en sy matriekdogter, Heilie, is stram. Hulle kommunikeer nie goed nie, en daar is wedersydse verwyte. En albei mis Heilie se ma wat in ‘n motorongeluk dood is. Hulle word deur ongewone omstandighede gedwing om hulle verhouding in oënskou te neem. Die spelers is Rene Cloete en Ivan Abrahams. Die produksie word aangebied met die vergunning van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans.
6/22/202338 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

DIE KOMPETISIE deur Joe Kleinhans

Wat doen jy as jy 'n daaglikse sukkelende bestaan in 'n klein saai ou dorpie voer? As jy die pastoor van die fiktiewe dorpie Putfontein is, organiseer jy ’n kompetisie wat om Paasfees gesentreer is, met ongelooflike pryse wat R10 000 kontant, ‘n trollie kruideniersware en 'n skaap insluit. En voor jy kan sê bliksemstraal, gons die hele dorpie oor die kompetisie... en dit maak ook die geldgod in sommiges wakker. Hulle sal selfs nie eers skroom om afpersing te gebruik om hulle hande op die prysgeld te kry nie, met skreeusnaakse gevolge. Die spelers is Johny Klein, Denver Vraagom, Ilse Klink, Shemaine Harris, Mari Molefe van Heerden, Solomon Cupido en Bradley Olivier.
6/15/202358 minutes, 53 seconds
Episode Artwork

SLANG IN DIE GRAS deur Chris Madjiet

Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Rayston Stoffels en André Samuels.
6/8/20231 hour, 7 minutes, 54 seconds
Episode Artwork

IEWERS IN DIE GRYS deur Adriaan Havenga

'n Drama wat die vriendskap van twee plattelandse hoërskoolleerders, Heather en Gideon, ondersoek oor 'n tydperk van 16 jaar. Skoolkinders het groot drome, maar hoe word ’n lugkasteel bo gehou in ’n land waar onregverdigheid en regverdigheid so eenders lyk? Hierdie radiodrama is 'n verwerking van die teaterteks wat by die 2023 kykNET Fiëstas bekroon is met die toekennings vir Beste Nuutgeskepte Teks en Beste Opkomende Kunstenaar. Die spelers is René Cloete en Adriaan Havenga.
6/1/202357 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

WESVILLE LAER deur Nisa Smit

Ná afloop van ‘n ouervergadering by Wesville Laer, waar die hoof onder andere die nuwe skoollied bekend gestel het, gaan spreek twee ouers vir Juffrou Calitz in haar klaskamer. Die twee sit glad nie langs dieselfde vuur nie, en die arme Juffrou het haar hande vol om die vrede te handhaaf. Sy het egter haar eie bekommernis, en kan eintlik nie fokus op wat die twee op die hart het nie.  Want sy wat Juffrou Calitz is, is dalk swanger... en die hoof is dalk die pa... Die spelers is Mandi Baard, Izel Bezuidenhout, Estel de Beer en Botha Enslin.
5/25/202350 minutes, 17 seconds
Episode Artwork

EN SORG TOG MOOI VIR BUKS deur William Oosthuizen

Thérèse Terblanche se gesin is disfunksioneel, en haar onverwagte besluit om te begin draf, laat hulle glo sy wil probeer gewig verloor. Sy oorreed eers Lisa en daarna Hardus om saam te draf en selfs aan georganiseerde padwedlope deel te neem. Maar die wáre rede vir haar skielike besluit is glad nie wat Thérèse se gesin verwag het nie... Die akteurs is Susan Erasmus, Rudolph Torlage, Micke Hannay, Henko de Goede, Helmi White, Anita Torlage, Barry Tolmay en Annemarie van Dyk. EN SORG TOG MOOI VIR BUKS was ’n finalis in die RSG Radiodrama-skryfkompetisie van 2019.
5/18/20231 hour, 1 minute, 34 seconds
Episode Artwork

HARTSEERHERFS deur PJ Haasbroek

Voorman is die leier van die klein gemeenskap tussen die wingerde en vrugteboorde. Daar leef hy enTant Kwaai en Oumama saam met die jongklomp Ratseknaap, Soetlief en Koggeljan te midde van daaglikse vreugdes, probleme en teleurstellings. Maar hulle gemeenskap word bedreig deur ontwikkelings op verskeie vlakke. Die akteurs is Deon Lotz, Marlo Minnaar, Liz Archer, Joanie Combrinck en Riaan Visman. Die drama word uitgesaai ter viering van die skrywer se 80e verjaarsdag.
5/11/202340 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

HOUVAS deur Lee Doubell

Dis die verhaal van drie mans wat saam op die grens was - Vingers, Soete en Bul – en wat van hulle geword het. ‘n Plan wat hulle almal moes ryk maak, het verreikende gevolge… Met Deon Lotz, Anton Dekker, Denver Vraagom en die 12-jarige Malea Avis wat haar radiodebuut maak. HOUVAS is die wenner van die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
5/4/202357 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

VYFTIEN MINUTE VAN ROEM deur Francois Bloemhof

Die 32-jarige Danie is ’n bleeksiel wat nie veel vir homself te sê het nie – tot hy op ’n dag vir George van Vuuren aangesien word. George het pas ’n groot sangkompetisie gewen en is hipergewild. Nou doen Danie alles in sy vermoë om nét soos George te lyk en selfs op te tree. Hy begeer dieselfde graad van bekendheid en sukses. Hy sal egter gou agterkom hoe bedrieglik die vermaaklikheidswêreld is, en dat daar groot gevaar agter al die glans kan skuil. Die akteurs is Adriaan Havenga, Pietie Beyers, Chloe van Rooyen, Roeline Daneel, Karli Heine en Erica Wessels. Vyftien minute van roem is die naaswenneer in die 2022 Radiodrama-skryfkompetisie.
4/27/20231 hour, 1 minute, 15 seconds
Episode Artwork

DIE VLEK VAN MENSWEES deur Adelle van Wyk

Die drama handel oor die uiterstes waartoe mense sal gaan om te kry wat hulle wil hê, As ‘n mens iets graag genoeg wil hê, is geen prys te hoog nie. En dít is die vlek op ‘n mens se siel. Die spelers is Mandi Baard, Shemane Harris, Karin Retief, Anton Dekker, Sulette Thompson, Rina Nienaber en Sue Pyler-Slabbert. Die drama het die derde plek verower in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
4/20/20231 hour, 1 minute, 6 seconds
Episode Artwork

MOT deur Almé Swart

Mot, oftewel Mathilda, het 'n moeilike lewe ná haar ouma se dood. Haar vriend, Liam, probeer help waar hy kan, maar kan nie altyd 'n buffer wees tussen Mot en haar huislike omstandighede nie. Dan ontdek Mot 'n geroeste koekblik met sleutels en 'n adres in. Sy en Liam besluit om te gaan uitvind wie se adres dit is... en hulle maak 'n ontdekking wat albei se lewens verander. Met Hanna Borthwick as Mot en Wessel Pretorius as Liam. Ander stemme wat gehoor word, is die van Ira Blanckenberg, Lee-Ann van Rooy en Nic de Jager.  Regie deur Anrich Herbst. MOT is die wenner in die afdeling vir Jong Skrywers in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
4/13/202353 minutes
Episode Artwork

WIE IS BANG VIR DIE GOEIE WOLF? deur Engela van Rooyen-Linde

'n Herlewingsdrama vir almal wat smag na vernuwing. Hoop beskaam nie. Beleef in Paastyd hoe ons Verlosser ons kleinmenslike traumas met wonderwerke heeltemal omkeer. Die akteurs is Richard van der Westhuizen, Sulette Thompson, Christo Compion en Karen Wessels. Die regisseur is Helena Hugo.
4/7/202355 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

TROUFOTO’S deur Karin du Toit

Tersia en Leon is met vakansie in Amsterdam. Hulle sien ‘n kelner wat op ‘n druppel water lyk soos hulle vriendin Nadia se oorlede man Pieter… Troufoto’s bevat gewoonlik pragtige mense wat gelukkig glimlag, met die hele skoonfamilie wat ook iewers in die prentjie is. Maar iets is nie pluis nie. Pieter en Nadia glimlag net te breed op ‘n troufoto. Wat is hier aan die gang? Met Lelia Etsebeth, Kaz McFadden. Renske Jacobs en Stefan Vermaak. Die regisseur is Leon van Nierop. Wenner van die Merietetoekenning in die 2022 Radiodramaskryfkompetisie.
4/6/202351 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

PENNIEGRYPER deur Charles Dickens

Vir die radio vertaal en verwerk deur Aart de Villiers en Don Lamprecht. Dit is Oukersaand. Ebenezer is ‘n suinige prokureur en knorpot wat geen sin in die feesvieringe rondom Kersfees sien nie. Hy wil skaars vir Karel Kroukamp, sy klerk, toestemming gee om tyd saam met sy gesin deur te bring. Maar dan ontvang hy ‘n paar besoekers in sy slaap wat hom laat besef wat die invloed van sy knorrigheid op ander is. Die spelers is André Rossouw, Ivan Abrahams, Christo Gerlach, Theresa Cloete, Randall de Jager en André Samuels. Die drama is in 1992 opgevoer.
12/25/202251 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

VONDELING deur Liesl Bekker

Jerome Fortuin, die nuut aangestelde voorman op die deftige en welgestelde Mildred Malan se kleinhoewe, maak vroegoggend ‘n rare vonds wat hy versigtig versteek. Hy probeer vir homself ‘n nuwe lewe skep ná traumatiese kinderjare in ‘n kindersorgsentrum en ‘n onverdiende botsing met die gereg. Tydens ‘n storm een nag, ontdek Mildred die versteekte verrassing, en hy smeek haar om sy geheim te bewaar. Sy willig teësinnig in en ‘n ongewone vriendskap ontwikkel tussen hulle. Soos die waarheid ontvou kry albei beter begrip en insig in die polariteite van mekaar se wêrelde en sienswyses. Dit is egter nie so maklik om van ‘n mens se verlede te ontsnap of stereotipes te besweer nie. Ná ‘n ongelukkige voorval op die werf, verloor Jerome sy werkgewer se vertroue, sy nuwe lewe en sy kosbaarste vonds. Mildred verloor ook haar rigiede denkwyses, en saam ontdek hulle die pyn van verwerping en verraad en die hoop wat vergifnis bring. Die akteurs is Dean Balie, Susanne Beyers, Lindie Stander, Marlo Minnaar en Lee-Ann van Rooi.
12/22/20221 hour, 6 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

'N PA VIR GIEL deur Euna Easton

‘n Familiegeheim word onthul, wat Giel se lewe op sy kop draai. Al wat Giel weet is dat sy pa dood is toe hy klein was. Sy ma maak hom alleen groot, maar wanneer sy doodgaan begin hy opnuut wonder oor die pa wat hy nooit geken het nie. ‘n Vreemde man nader Giel op die dag van sy Ma se begrafnis, maar Giel kan nie na die man luister nie. Hy het immers sy enigste ouer verloor. Daar is familielede wat vir Giel ondersteun, maar sommige weet meer oor die verlede as ander. En die man by die begrafnis, is toe nie heeltemal ‘n vreemdeling nie. En Giel leer: “miracles is vir almal”. Die spelers is Elma Potgieter, Pietie Beyers, Rina Nienaber, Donovan Pietersen, Christine Voorendyk en Johny Klein.
12/15/202247 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

DIRK LIGTER deur Albert Maritz

Daar is baie stories oor Dirk Ligter, ‘n legende van die Tankwa Karoo. Wat waar is en wat nie, is nie altyd duidelik nie. Twee skrywers tree met mekaar in gesprek oor hulle onderskeie weergawes van Dirk Ligter en sy lewe. Die spelers is Nic de Jager,  Waldimar Schultz, Dean Balie, Zenobia Kloppers, Wessel Pretorius, Riaan Visman, Marion Holm en Frieda van den Heever.
12/8/20221 hour, 14 minutes, 49 seconds
Episode Artwork

DIE SEEKAT deur Tienkie Albertyn

Katie en Annie is twee afgetredenes wat die wêreld vanaf hulle balkonne beskou. Oorkant hulle is Die Seekat, ‘n gewilde kuierplek. Die lawaai wat daarvandaan kom, dryf die twee ou dames egter tot raserny en hulle besluit om ‘n plan te maak… Die spelers is Rina Nienaber, Shemane Harris, Simon Bruinders, Philru van Achterberg, Izel Bezuidenhout en Johny Klein. 
12/1/202238 minutes, 42 seconds
Episode Artwork

ONDERHOUD MET 'N BOEMELAAR deur Karin du Toit

Hoe beland ‘n mens op straat en word ‘n boemelaar?  Veral as jy ‘n professionele, gegradueerde mens is met ‘n gesin. Einstein is so ‘n mens. Hy en sy vriend Skerf woon in ‘n park onder ‘n boom. En dan, een middag daag daar ‘n joernalis en haar vriend op. Sy soek ‘n storie. En Einstein soek antwoorde. Die spelers is Sue Pyler-Slabbert, Donovan Pietersen, Pietie Beyers, Johny Klein, Karen Wessels en Eloise Cupido.
11/24/20221 hour, 4 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

WIE NIE WIL HOOR NIE deur Maria Vos

Waarskuwing: Sekere tonele en taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Die kunssinnige Janina is saam met haar boesemvriend, Anton, in matriek. Een middag vra hy haar om vir hom ’n prentjie van hulle streng onderwyseres, Mevrou Steyn, te teken. Anton is gaande oor die karikatuur waarmee sy vorendag kom, en wil dit graag as ’n aandenking hou. Maar Janina sou nooit kon raai wat Anton met haar stukkie tekenkuns beplan nie. Nog minder kan Anton 17 jaar later voorsien wat op hom wag wanneer hy Janina toevallig op ’n trein in Engeland raakloop... Die drama was ‘n finalis in die RSG/SANLAM Radiodrama-Skryfkompetisie van 2021. Die akteurs is Helmi White, Rudolph Torlage, Abigail Kuhn, Pieter van Romburgh en Anelle Engelbrecht.
11/17/202247 minutes, 50 seconds
Episode Artwork

DOOD VAN 'N SKRYWER deur Hannes Pieterse

Familiekonflik en verhoudings, die nagevolge van die pandemie en die vervlakking van die samelewing weens sosiale media is temas wat in die drama weerklink.  Maar eerstens is dit ‘n misdaadverhaal: Wie het die moord gepleeg? Die spelers is June van Merch, Johan Nel, Hanna Borthwick, Melt Sieberhagen, André Weideman en Kay Smith.
11/10/20221 hour, 8 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

DIE GLASDEUR deur Henriëtte Grové

Die drama vertel die verhaal van drie oujongnooiens wat op ‘n afgeleë plaas woon. Dan kom ‘n jonger familielid by hulle aansterk. Sy teenwoordigheid krap ou wonde oop oor ‘n ander jongman wat baie jare gelede ook by hulle aangesterk het nadat hy in die oorlog gewond is. Die tweemalige Hertzogpryswenner, Henriëtte Grové, sou vanjaar 100 jaar oud wees. Die drama word as huldiging uitgesaai. Hierdie opname van Die Glasdeur is in 1957 uitgesaai. Die spelers is Anna Neethling-Pohl, Aletta Gericke, June Seymour en Pieter de Bruyn.
11/3/20221 hour, 40 seconds
Episode Artwork

SOU DIE STERRE LUISTER deur Lee Doubell

RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word 'n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word. Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiopersoneel wat reis in die omgewing vir opnames (omroeper en klankman)  en ’n tipiese ou en nuwe Suid-Afrika skep die verhaal. Die drama is ‘n ode aan klank. Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Marissa Claasen, June van Merch, Dean Balie, Johann Nel, Anrich Herbst en Willem Pelser.
10/27/20221 hour, 2 minutes, 27 seconds
Episode Artwork

DAG IN, NAG UIT deur Vincent Pienaar

‘n Luitenant-kolonel in die polisie kom voor ‘n keuse te staan. Of hy gaan voort met sy gewone lewe op ‘n doodgewone salaris, gelukkig getroud met ‘n vrou en baba-dogtertjie, of hy gee hom oor aan die verleidings van ‘n gevaarlike spul booswigte wat hom wil dwing om ‘n kollega te verraai. Hierdie drama is op ‘n ware verhaal gebaseer. Die spelers is Anton Dekker, Charlie Bouguenon, André Stolz, Stefan Vermaak en Elma Potgieter.
10/20/202259 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

WAAR IS ELLIE PAUW? deur Hendie Grobbelaar

Toe Wilhelm Pauw eers laat in sy lewe uitvind hy het 'n dogter, begin hy na haar soek. Omdat hy desperaat is, is sy metode onortodoks. Daar is net twee mense wat hom kan help met sy soektog - Sophia Marais, 'n verbitterde, ongelukkige vrou, vervreemd van haar dogter, met 'n geheim wat haar gewete opkeil - en Gwen Lotter, 'n vrolike, boheemse vrou wat ook met 'n geheim saamlewe. Die twee is beste vriendinne. Gwen kan nie verstaan hoekom Sophia so behep is met dominee Thinus Smit, 'n skynheilige rokjagter nie. Sophia het egter haar redes. Wilhelm benader hulle met 'n ompad. Hy kry sy antwoord, en die twee vriendinne is ook uiteindelik eerlik met mekaar. Maar hoe pas Madame Helena, die geheimsinnige fortuinverteller, by die prentjie in? Die spelers is Rina Nienaber, Elma Potgieter, Heidi Mollentze, Lochner de Kock, Anton Schmidt en Eloise Cupido. Hendie Grobelaar het al verskeie radiodramas vir RSG geskryf, insluitend Sterrereën en Johanna se Elvis. Waar is Ellie Pauw? was ‘n finalis in vanjaar se radiodrama-skryfkompetisie.
10/13/20221 hour, 11 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

‘N WARM WIND OOR DIE VLAKTES deur Richard van der Westhuizen

‘n Man stop by die hotel in ‘n klein dorpie in Namakwaland, en betaal kontant vir ‘n kamer vir vyf aande. Hy is hier met ‘n doel. In die warm, stowwerige windverwaaide wêreld ontmoet ons die garage-eienaar met sy werkswinkel, waar allerhande dinge reggemaak word, die windmaker dwelmhandelaar en sy pêl wat misbruik maak van die jongmense se ledigheid, die behulpsame hotelbestuurder, en die vriendelike Rosie wat by die hotel werk, maar tot baie meer in staat is. Wanneer hy vyf aande later stil-stil vertrek, is die dorpie nooit weer dieselfde nie. Die spelers is Chris van Niekerk, Simone Benjamin, Charlton George, Dean Balie, André Samuels, Chloe van Rooyen en Pieter van Zyl.
10/6/202258 minutes, 46 seconds
Episode Artwork

HENDRIK SE HISTEREKTOMIE deur Ilné Fourie

[Wenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike ontvangsdame, Marietjie, in diens geneem het. Haar eerste dag verloop, om die minste te sê, minder geslaagd. Koos se hond, Buffel, het sy nuwe bakkie se sleutels ingesluk, en Dorette se hamster het oornag agt kleintjies gekry. Dit, terwyl dr. Marais ’n besige dag in die teater het en nie kans het om aandag aan enige diere, behalwe noodgevalle, te gee nie. Marietjie gebruik haar inisiatief, maar slaag slegs daarin om die veearts, Koos én Dorette lelik om te krap! Die spelers is Richard van der Westhuizen, Marissa Claasen, Anrich Herbst en Nicole Holm.
6/30/202221 minutes, 21 seconds
Episode Artwork

DIE RARE JACOBS deur Melt Sieberhagen

[Naaswenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Herman is ’n onvergenoegde, middeljarige sakeman wat ná meer as drie dekades nie die bevordering kry wat hy meen hom toekom nie. Iemand van die straat af, ’n meneer Jacobs, word as sy bestuurder aangestel. Wat Herman nog erger laat voel, is dat hy bloot ’n e-pos gestuur het om die man geluk te wens met sy aanstelling. Intussen is die veel jonger Donovan en Bianca Jacobs op pad terug huis toe ná ’n misverstand met ’n gatsby-aand by vriende, waar Donovan dog dis ’n viering van die Gatsby-karakter met kleredrag van daardie era. Bianca voel verneder en dring aan om huis toe te gaan. Hulle verdwaal en toe hulle by ’n huis stilhou om hulp te vra, is dit juis by Herman en Heleen se huis wat die nuwe bestuurder enige oomblik verwag… Die spelers is Albert Maritz, Rolanda Marais, Dean Balie en Kay Smith.
6/30/202219 minutes
Episode Artwork

EERBARE INTENSIES deur Benjamin Kock

Katrien is ’n 27-jarige aktuaris wat baie bekommerd is oor haar ouers, Basie en Ella, twee sout-van-die-aarde plaasmense wat na Italië gereis het, maar toe skielik verdwyn het. Uiteindelik spoor Katrien hulle per telefoon op waar hulle baie opgewonde vir haar vertel hoe heerlik hulle kuier by Lorenzo se ouers, Luigi en Sofia, in Palermo, Sisilië. Lorenzo is ’n jong man wat Katrien op die internet ontmoet het, wat baie graag by haar in Suid-Afrika wou kom kuier. Basie en Ella het toe heimlik besluit om dié jong man én sy ouers te gaan ontmoet om seker te maak hulle is goeie mense. Hulle is só ingenome met die Italianers, dat hulle sommer al begin reëlings tref vir die troue! Hoe meer opgewonde Basie en Ella raak, hoe meer bekommerd raak Katrien, omdat sý besef dat die weelde en die rykdom waarin Luigi en sy familie leef, spruit uit Luigi se bande met die Mafia! Die spelers is Marissa Claasen, Richard van der Westhuizen en Susanne Beyers.
6/23/202222 minutes, 1 second
Episode Artwork

KAMMA SPESIALE VRIENDE deur Niel Steenkamp

Frans en Anita loop mekaar in ’n supermark raak, begin gesels en kom tot die gevolgtrekking dat Frans se weduwee-ma en Anita se wewenaar-pa albei die behoefte het om weer iemand spesiaal te ontmoet. Hulle erken dat hulle ouers baie hardkoppig is en nie ’n ontmoeting met iemand ter wille sou wees nie. Só spreek Frans en Anita toe af om te maak asof hulle op mekaar verlief geraak het, om op dié manier hulle ouers aan mekaar voorgestel te kry. Min weet hulle dat hulle ouers mekaar op skool reeds geken het, maar toe kontak verloor het. In die proses van maak asof, raak Frans en Anita toe régtig verlief op mekaar. Die spelers is Albert Maritz, Jane de Wet, Rolanda Marais en De Klerk Oelofse.
6/23/202224 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

DIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA deur Elsa Joubert

Die verhaal handel oor die lewe van Poppie Nongena. Dit vertel hoe sy as ma rondgeskuif is weens die politieke stelsel van die tyd, en die besluite wat sy ter wille van haar kinders se opvoeding moes neem. Dit beeld haar innerlike stryd uit oor die besluite wat sy telkens moes neem. Elsa Joubert se gelyknamige roman het in 1978 verskyn. Dit is verskeie keer bekroon, en in meer as 13 tale vertaal. Ses jaar ná die verskyning van die roman, is die boek deur deur Sandra Kotze vir die verhoog verwerk. Die verhoogweergawe is later deur Suzanne van Wijk vir die radio verwerk. Hierdie weergawe is in 2006 deur Margot Luyt opgevoer. Zenobia Kloppers kan in die naamrol gehoor word. Nic de Jager is die verteller, Poppie se broer Mozi is vertolk deur Christo Davids en Hoedjie deur Marlin Balie. Ander spelers is André Rossouw, Johan Botha, Lida Botha, Ivan Abrahams, Sizwe Msuthu, Shaun Arnolds en Juanita Swanepoel.
6/16/202255 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

BOETIE KOM KUIER deur Thomas van Niekerk

Hierdie lighartige komedie was deel van die RSG/Nati Kwartkomedie-skryfkompetisie. Hope misverstande, vooroordele en mistasting loop uit ‘n verrassende ontknoping. Die akteurs is Sandra Prinsloo, Frans Swart, Marissa Claasen en Philru van Achterberg.
6/9/202213 minutes, 51 seconds
Episode Artwork

DIE NAGBESOEKERS deur Albert Short

Twee ou mense wat naby ‘n begraafplaas woon, word toenemend met die dood gekonfronteer. Aanvaarding en ontkenning word aanvanklik ‘n speelbal tussen die twee, maar dan gebeur dít wat geen mens nog kon systap nie… Die akteurs is Elma Potgieter en Frans Swart.
6/9/202230 minutes, 57 seconds
Episode Artwork

ONVOLTOOID deur Ayden Kruger

Danel, ‘n sielkundige, meen sy het ‘n goeie lewe en ‘n gelukkige huwelik. Maar dan kom sy een dag vroeg tuis en betrap haar man, Bertus, saam met ‘n ander vrou in hulle bed.  Sy vlug na haar Pa toe. Hulle het mekaar vir bykans 10 jaar nie gesien nie, en Danel is nie daarvan bewus dat haar Pa siek is nie. Sy weet ook nie dat hy sy huishulp se kleinkind versorg nie. Danel en haar Pa moet die brûe na mekaar herstel, en in die proses leer sy ook dat vergifnis heling bring. Die spelers is Heidi Mollentze, Lochner de Kock, Shemaine Harris, Kaz McFadden, Lelia Etsebeth en Renske Jacobs.
6/2/20221 hour, 1 minute, 53 seconds
Episode Artwork

SONDESEEP deur Susan Marais

‘n Gesiene inwoner van ‘n plattelandse dorpie iewers in die Noord-Kaap verdwyn te midde van die gemeentesusters se beplanning van ‘n kerkbasaar, ter ondersteuning van die kontrei se verarmdes. Aan die spits van hierdie filantropiese poging is Mevrou Dominee, kranige boerseepkookster. Maar is sy inderdaad besig met die Hemelse Koninkryk se werk? Die rolverdeling is Susanne Beyers, Johann Nel, Frieda van den Heever, Dann-Jacques Mouton, Antoinette Kellerman, Kay Smith en Anrich Herbst. Cassi Lowers was verantwoordelik vir die tegniese versorging. Sondeseep was ‘n finalis in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020.
5/26/202257 minutes, 16 seconds
Episode Artwork

DIE MAGRIETJIE deur Jenny Pieterse

'n Weduwee sukkel om oor haar man se dood te kom. Haar buurvrou sien om na haar Pa, wat terminaal siek is weens kanker.  Dan kruis die twee se paaie en hulle word op onverwagse wyse by mekaar se lewe betrek. Dis ‘n verhaal oor die trauma van verlies, en heling deur medemenslikheid. Die spelers is Rika Sennett, Eloise Cupido, Luan Jacobs, Donovan Pietersen, Duncan Johnson en Renske Jacobs.
5/19/202251 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

DON JUAN deur Moliére

Hierdie argiefproduksie word uitgesaai ter viering van die Franse dramaturg, Moliére, se geboorte in 1622, vanjaar 400 jaar gelede. Molière was ‘n akteur, dramaturg en digter, en word beskou as een van die belangrikste skrywers in die Franse en wêreldletterkunde. Sy werk is in verskeie tale vertaal, insluitend Afrikaans, en word steeds in Frankryk opgevoer. Die spelers is Louis van Niekerk, Dana Niehaus, Christine Stevens, Miems de Bruyn, Franz Marx en Pieter Hauptfleisch. (Opgeneem in 1973)
5/12/202243 minutes, 31 seconds
Episode Artwork

KINDERS deur Erica Harris

Natasha kry onverwags toesig oor haar tienerseun, Tiaan. Nie sy of haar lewensmaat Bella is egter gereed vir die verantwoordelikheid nie. Die spelers is Nadia Valvekens, Cintaine Schutte, Eloff Snyman, Roelien Daneel, Dan-Jacques Mouton en Charl van Heyningen.
5/5/20221 hour, 8 minutes, 23 seconds
Episode Artwork

NAAND, JOSEF deur Albert Short

‘n Man verdwyn soos ‘n groot speld terwyl hy oor 'n uitgestrekte vlakte reis. Die enigste mense wat op die vlakte bly, is twee ou tannies in ‘n afgeleefde huisie. Beide is in hulle 90’s. Maar hulle weet niks… of so sê hulle wanneer die polisie bel om hulle daaroor te vra. Die spelers is Elzabé Zietsman, Rina Nienaber, Charlie Bougeunon en Eloise Cupido. Albert Short het die tweede prys in RSG en Sanlam se Radiodramaskryfkompetisie in 2021 gewen met hierdie drama.
4/28/202252 minutes, 28 seconds
Episode Artwork

STERSTOF deur Cecelia du Toit

Dit is 2052 en twee mense word na Mars gestuur om daar kos te verbou. Wanneer hulle egter tydens die sending wakker word, kom hulle met ‘n skok agter dat hulle na ‘n heel ander plek op pad is. Die spelers is Rolanda Marais, Jane de Wet, Charlton George, Wilhelm van der Walt en Anrich Herbst. Die drama het die derde prys gewen in RSG en SANLAM se Radiodramaskryfkompetisie in 2021.
4/21/202258 minutes, 32 seconds
Episode Artwork

WAAROM, HERE? deur  Joey van Niekerk

Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar.  Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes te beurt geval het nie. Toe word hy ‘n tollenaar, en word ryk en magtig. Toe hy Jesus van Nasaret een dag ontmoet, verander sy lewe. Met Luan Jacobs, Jakkie Groenewald, Estel de Beer en Johny Klein.
4/15/202244 minutes, 58 seconds
Episode Artwork

DIE DOOD VAN BITITI deur Adriaan Havenga

'n Wildsplaas... 'n Familieplaas... 'n Erfplaas... Dis waar die verhaal afspeel. En, soos dit maar dikwels met familie gaan, is daar onderlinge jaloesie en afguns. Daar is ook struwelinge tussen suster en broer. En 'n moeilike ma, die matriarg, wat almal na haar pype wil laat dans. 'n Nuwe leeuwyfie word afgelewer op die plaas. Haar naam is Bititi. Die leeu word gebruik om moeilikheid te maak vir sekere familielede... Met katastrofiese gevolge. Die spelers is Rina Nienaber, Anton Dekker, Anton Schmidt, Heidi Mollentze, Ilse Klink, Izel Bezuidenhout en Donovan Pietersen. Adriaan Havenga is die wenner van RSG en SANLAM se Radiodramaskryfkompetisie in die afdeling Jong Skrywer.
4/14/202245 minutes, 14 seconds
Episode Artwork

DIE VUURVLIEGDIEF deur Madeleen Welman

‘n Hartroerende verhaal wat die storie van die onwaarskynlike ontmoeting tussen Ria (‘n angstige, afhanklike vrou in haar tagtigs) en William (n deurwag by ‘n winkelsentrum) vertel. ‘n Diep band wat agtergrond en kultuur oorgrens, word binne ure gevorm. Die soort band wat net in die dal van doodskaduwee gesmee word. ‘n Eietydse Barmhartige Samaritaan speel hom af in en om ‘n hysbak in ‘n besige winkelsentrum met priesters en leviete wat haastig en onnadenkend verby beweeg, en een mens wat bly. Eenvoudig bly. Bly sit. En só iemand se lewe red. Die akteurs is Marion Holm, Dean Balie, Waldemar Schultz, Cintaine Schutte en Carel Nel.
4/7/20221 hour, 2 minutes, 38 seconds
Episode Artwork

DIE WILDSBOUDJIE deur Fritz Steyn

Die lollery begin wanneer dominee Gompul ongemaklike vrae het oor ‘n wildsboudjie wat spesiaal vir hom voorgesit word. Hy kuier op die plaas van Sarel du Plessis en sy dogter Lettie. Sarel wil die onderwerp van die oorsprong van die wildsboud vermy, en probeer elke keer die gesprek in ‘n ander rigting stuur. Want die jagseisoen is toe – en Sarel weet hy is in die moeilikheid as iemand uitvind hy het ‘n bok geskiet. Dan begin die buurman, Abel Potgieter, ook vrae vra. Daar is meer geheime as wat dit op die oog af lyk. Wanneer die polisieman ook opdaag, raak sake net verder deurmekaar. Die rol van Sarel du Plessis word vertolk deur Dana Niehaus; sy dogter Lettie is Bettie Kemp, die dominee is Kosie Eloff; die buurman Abel is Hennie Oosthuizen en Elsa is Janine Pretorius. Die stemme van Lochner de Kock en Charl van Heyningen kan ook gehoor word.
12/30/202152 minutes
Episode Artwork

EN DAAR WAS SKAAPWAGTERS deur NP Van Wyk Louw

Drie skaapwagters pas skape op in die Roggeveld, iewers tussen Calvinia en Sutherland, enkele dae voor Kersfees. Dis in die jare vyftig. Dis baie droog. Abram, Japie en Izak se hoop dat hulle vir Kersfees huis toe kan gaan, vervaag want Herklaas, Izak se Pa, sê hulle moet in die veld bly om te voorkom dat die skape vrek weens droogte en gebrek aan weiding. In die aanloop tot Kersfees sien Japie saans ‘n lig wat al helderder word. Eers bly hy stil, maar vertel later vir die ander daarvan en hulle begin dit ook sien. Dan kom Herklaas op Oukersaand by die ander drie in die veld aan. Hulle beleef ‘n vreemde ervaring. En dan gebeur ‘n wonderwerk... Die teks kom oorspronklik uit Van Wyk Louw se prosabundel, Maskers van die Erns. Met Simon Bruinders, Luan Jacobs, Johny Klein en Richard van der Westhuizen.
12/25/202150 minutes, 35 seconds
Episode Artwork

SIEN JOU WEER GISTER deur Niel Steenkamp

Twee akademici, een by 'n universiteit en een by 'n privaatinstansie, wedywer om die eerste te wees om 'n suksesvolle tydmasjien te bou. Die spelers is Jakkie Groenewald, James Borthwick, Lochner de Kok, Karin Retief, Christo Compion, Luan Jacobs en Lelia Etsebeth.
12/23/202152 minutes, 40 seconds
Episode Artwork

DIT KLINK NA DONDERWEER deur Maria Vos

Die verhouding tussen ma’s en dogters is uniek, en soos die jare aanstap verander die verhouding deurentyd. Dogters word groot. Ma’s ontdek ‘n lewe onafhanklik van hulle kinders. Dit is ‘n kuns om die verhouding suksesvol te bestuur, en genade as ma’s en dogters deur al die jare vriende kan bly. DIT KLINK NA DONDERWEER is ‘n lighartige familie-komedie wat dalk net ‘n klein bietjie hoop kan bring. Dit was ‘n finalis in die RSG/Sanlam radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die spelers is Susanne Beyers, Vicky Davis, Cintaine Schutte en Riaan Visman.
12/16/202148 minutes, 25 seconds
Episode Artwork

HYGEND HENNIE deur Joe Kleinhans

In sommige huise word troeteldiere soos kinders behandel – en die dierekinders smokkel maklik met hulle eienaars se koppe. Die troetelhoenderhaan, Hennie, veroorsaak konsternasie. Sy eienaar, Saartjie Serfontein, beland in die hospitaal, en ‘n vriendin moet Hennie oppas. Sy bly egter in ‘n kompleks met streng reëls. ‘n Knorrige skrywer verkla haar by die voorsitter van die kompleks.  En dan begin die vonke spat. Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Ria Smit, Rina Nienaber en Simon Bruinders.
12/9/202159 minutes, 11 seconds
Episode Artwork

ONDER DIE APPELLIEFIEBOS deur Marlise Joubert

‘n Sensitiewe tiener beplan ‘n begrafnis vir haar geliefde kat op hulle plaas. Haar broer bou die kissie, en haar beste vriendin staan haar by. Ma Hanna bekommer haar oor haar dogter – sy kom depressief voor, die kommunikasie tussen hulle het verswak en die kind se skoolwerk gaan agteruit. Sy probeer vergeefs uitvind wat dit is wat haar dogter so kwel. Die spelers is Elanza Swart, Wilhelm van der Walt, Erica Wessels, Kayla van der Merwe, Eugenie Wiggins, Chloe van Rooyen en Cole Wessels.
12/2/202153 minutes, 12 seconds
Episode Artwork

KRONKELPAD deur Ronel Mostert

Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n gevaarlike plaasgrondpad sonder petrol en oënskynlik ‘onder die invloed’ wanneer Hugo Naudé, die dodelik aantreklike eienaar van die plaas, op haar afkom. Hy is woedend wanneer hy verneem dat sy in diens geneem is as in-huis fisioterapeut deur sy eiewys sussie, Mijke, wat die gebruik van haar bene verloor het weens ‘n motorongeluk op dié einste verraderlike pad. Die spelers is Amalia Uys in haar radiodramadebuut, Jacques Bessinger, Roeline Daneel, Zenobia Kloppers, André Samuels, Ira Blankenberg en Petrus du Preez. Cassie Lowers is verantwoordelik vir die tegniese versorging.
11/25/20211 hour, 2 minutes, 9 seconds
Episode Artwork

DONKERHOEK deur Nicola Hanekom

Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy skielike verskyning na jare se afwesigheid, krap ou wonde oop. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou. Die spelers s June van Merch, Zenobia Kloppers, Charlton George, Frieda van den Heever, Anrich Herbst, André Samuels en Pieter van Zyl. Waarskuwing: Nie vir sensitiewe luisteraars aanbeveel nie, weens taalgebruik en volwasse temas.
11/18/20211 hour, 6 minutes, 52 seconds
Episode Artwork

WILDE ALS deur Wessel Pretorius

Hilde Kraus, ‘n legendariese skrywer in haar sestigs, sonder haarself in ‘n plaashuisie in die Karoo af om haar finale, outobiografiese roman te skryf, jare na haar laaste poging. Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en die slegte, sodat sy dit uiteindelik in haar boek kan verwoord. Om haar te help om feite van fiksie te skei, “ontbied” Hilde haar eertydse minnaar en muse, Paul Naudé, vir die laaste keer. Só word sy gekonfronteer met pynlike sleutelgebeure in haar verlede. Die rolle word vertolk deur die akteurs wat in die verhoogproduksie te sien was. Jana Cilliers is Hilde Krauss, en Dawid Minnaar speel die rol van Paul Naudé.
11/11/202154 minutes, 15 seconds
Episode Artwork

HEMELBLOU deur Isabel Martinson

Amanda Nel en Karoli Vermeulen ontmoet mekaar op 'n parkbankie op 'n wolklose dag. Amanda is op dié spesifieke dag al vir twee jaar 'n weduwee. Sy het nog nie haar verlies verwerk of daarmee leer saamleef nie. Nie net die verlies van haar eggenoot nie, maar ook in 'n sekere sin dié van haar jeug... want is weduwees dan nie veronderstel om oud te wees nie? Karoli, daarenteen, is die verpersoonliking van jeugdige, byna naïewe lewensenergie. Sy stel opreg belang in Amanda en haar "donkerte", soos Karoli dit noem, en so begin 'n baie onwaarskynlike vriendskap tussen 'n terughoudende ouditeur en 'n borrelende aktrise. Hemelblou is 'n verhaal oor lewe ná die dood, liefde vir een mens wat geleidelik deur Liefde se alchemie omvorm word in liefde vir alles en almal. Die akteurs is Mariechen Vosloo, Elanza Swart, Albert Pretorius en Dean Balie. Regie: Frieda van den Heever.
11/4/202145 minutes, 4 seconds
Episode Artwork

NAG KARLIEN deur Bettie Kemp

Tevore het jy hulle altyd op DEURNAG OP RSG gehoor. Omroepers wat luisteraars, veral die Siele op Wiele, geselskap hou. Bettie Kemp, wat vroeër jare die skof gereeld waargeneem het, het ‘n radiodrama geskryf oor haar wedervaringe in die ateljee wanneer sy so alleen daar sit. Wat die drama spesiaal maak, is Karlien se obsessie met een spesifieke luisteraar wat telkens SMS’e stuur. En sy reaksie op wat sy sê. Die spelers is Bettie Kemp, Janine Opperman, Anton Schmidt en Sulette Minnaar.
10/28/202157 minutes, 39 seconds
Episode Artwork

DIE PROPONENTJIE deur Pieter Fourie

Op Duskantdroogtefontein, in die laat vyftigs, is hubare jong mans net so skaars soos water. Vrouens is daar egter oorgenoeg. Wanneer dominee Gaffie Geringer as alleenloper sy intrek in die pastorie neem, moet hy keer of hy raak getroud met elke beskikbare jong meisie in die gemeente, en hulle moeders is maar te gewillig om te help!
12/11/20141 hour, 38 minutes, 42 seconds